Good bye … en good riddance ?

Nou ja. En hier is ons dan by die einde van 2010.  Nog ‘n jaar is in sy moer. Eintlik is ek nogal bly daaroor. Dis nie rerig ‘n jaar wat ek graag sal wil oor hê nie.

Saam met die einde van die jaar kom ook die gedagte dat ek dan nou ampetlik twee jaar lank al geskei is. Beslis twee van die alleenste en ook van die moeilikste jare wat ek al gehad het in my lewe.  2 Jare wat voel soos n leeftyd.

More begin 2011 en Maandag begin ek al weer werk.  En die vet weet , ek sal moet ander keuses maak en dinge doen om te verseker dat 2011 beter sal wees as 2010.

Erens moet ek ‘n roeping vind. Iets om te doen. Iets wat ek graag wil doen. Iets om my lewe (weer) die moeite werd te maak. Hierdie laaste (twee) jaar is soos n waas. Ek kan bitter min daarvan onthou. Ek kan aan bitter min dink wat goed of lekker was. Ja daar was lekker tye ook , maar op n manier oorskadu die slegte tye die goeies. Twee jaar van depressie was genoeg.  Ek het n keuse , gaan ek net bestaan , of gaan ek lewe ?

Hoe gaan ek hierdie verandering in my lewe teweeg bring ??  Ek het nie ‘n cooking clue nie. Maar soos Pappeslaai in sy blog vanoggend gesê het , ek kan sit en mope en mor oor die dinge wat verkeerd gaan in my lewe, of ek kan ‘n keuse maak en aangaan.

Ek besef dat dit nie altyd maklik gaan wees nie. Ek besef dat dit soms vrek moeilik en scary gaan wees. Maar met Sy genade en hulp glo ek dat ek dit sal maak.

Advertisements

Erens het ek Kersfees verloor.

Ek lees nou nou smartassblond se blog en ek weet presies waarvan sy praat. Hierdie sal my tweede alleen kersfees wees. Nie alleen soos in sonder ander mense nie , maar alleen soos in … ag demmit , hoe verduidelik ek dit nou ? Alleen. Net ek.  Niemand spesiaals nie.

Ek gaan my laaitie sien, en ek gaan my ma hulle sien , en ek gaan saam met hulle en my boetie kersfees spandeer. En dis great. En dit gaan lekker wees.  maar….

Ag , anyway.

Erens in die laaste paar jaar het ek Kersfees verloor.  dit hou nie meer vir my dieselfde bekoring in soos wat altyd was nie. Hierdie jaar gaan ek die ou kers aand diens , en die kersdag diens mis. En as ek my oe uitvee dan is nuwe jaar hier.

Ag , ek babbel onsamehangend. Ek weet self nie wat wil ek sê nie.

Jislaaik , nooit in my wildste drome sou ek gedink het dat ,my lewe sou wees waar hy nou is nie.

ag shit. anyway.

Ek hoop julle ouens het n lekker kersfees. mag dit met julle goed gaan.  sien julle weer in die nuwe jaar.

Kerneels se klip rock !

Ek was die naweek weer in Tsitsikamma. Meer spesifiek Storms rivier mond.Groot was my verbasing toe ek sien dat onse Kerneelsie ‘n bekende man in die geweste is.

Kerneels se klip . dit rock !!

Die uitsig vanaf Kerneels se klip. dit rock ook !!!!


Een van die local ouens.

‘n blompie.


Die uitsig van die hang brug af.

En nog ‘n uitsig van die brug af.

Een van my agterkleinneefs. My oom Charles dring aan daarop dat die ou familie is. Hy het selfs ‘n boek geskryf daaroor.

Nog een van die locals. Wonder of hy ook familie is ?