Ek lees nou nou smartassblond se blog en ek weet presies waarvan sy praat. Hierdie sal my tweede alleen kersfees wees. Nie alleen soos in sonder ander mense nie , maar alleen soos in … ag demmit , hoe verduidelik ek dit nou ? Alleen. Net ek. Niemand spesiaals nie.
Ek gaan my laaitie sien, en ek gaan my ma hulle sien , en ek gaan saam met hulle en my boetie kersfees spandeer. En dis great. En dit gaan lekker wees. maar….
Ag , anyway.
Erens in die laaste paar jaar het ek Kersfees verloor. dit hou nie meer vir my dieselfde bekoring in soos wat altyd was nie. Hierdie jaar gaan ek die ou kers aand diens , en die kersdag diens mis. En as ek my oe uitvee dan is nuwe jaar hier.
Ag , ek babbel onsamehangend. Ek weet self nie wat wil ek sê nie.
Jislaaik , nooit in my wildste drome sou ek gedink het dat ,my lewe sou wees waar hy nou is nie.
ag shit. anyway.
Ek hoop julle ouens het n lekker kersfees. mag dit met julle goed gaan. sien julle weer in die nuwe jaar.
Adoons, my hart bloei vir almal wat so voel. Wens ek was by magte om dit te verander.
Gelukkig gaan dit alles verby. Moed hou. Nuwe jaar, nuwe hoop.
hahaha jy vat haar cheap nê ?Ek sou gedink het dis baie meer werd as tien rand.
Ek kyk die naweek ‘n paar movies op die skotteltjie. Almal handel oor eensame mense wat skielik ‘n week voor Kersfees iemand ontmoet, en dan is Kersfees so mooi en pragtig en en en…Weet nie wie ek die jammerste kry nie. Myself of hulle. Want ons almal weet dit gebeur NET in die movies.Sterkte vir jou. En geniet Kersfees saam met jou familie.
Ek weet hoe dit voel, ek het elke jaar vir myself n duur geskenk vir myself gekoop.Sterkte.