Ek het nou so ‘n bietjie op Woordstoot se Afrikaanse blogs rond geloer en dit lyk vir my dat hier ‘n klomp nice mense is.
Hierdie is seker al my sesde blog in my lewe. Ek het begin met ‘n blog op blogger. Toe nog een. Soos wat my lewe aangegaan en my omstandighede verander het , het ek seker blogs gelos en nuwes begin. My laaste blog was op litnet gewees. Daar is hy nou so net meer as ‘n jaar oud.
Sommige van die Litnet ouens blog hier op Woordstoot en ek het toe ook hier kom inloer. Die bekgevegte en trolle op litnet het so effens teveel begin raak vir my.
So hier is ek nou. Ek hoop dat ek hier ook sal vrinne maak en dat ek sommer lekker saam met die ander afrikaanse bloggers hier sal kuier.
Vir die van julle wat nuuskierig is oor my kan maar gerus my litnet blog gaan loer. Daar is ‘n klompie stories, baie fots en so hier en daar ietse meer oor my persoonliks. Dalk sal ek van die litnet blogs op ‘n stadium oordra hier na die nuwe een toe.
Welkom! Jy lyk vir my nogals baie soos ‘n bo’jaan wat ek laastejaar iewers raakgetrap het agter ‘n bord kos
Hier issie baie mense nie, maar hulle is goeie goed. Hoop regtig jy bly.
Hoelykit, wil jy nie maar daai login to comment besigheid afsit nie? Hier rond staan ons voordeure oop.
Dankie Plaasie
Net vir jou het ek die voordeur gaan oopmaak. Hoop nie dit gaan my later in boud byt nie, maar ek sal jou glo vir nou.
lekker dag v jou en vroulief.
Ps: wanner kom maak jy weer n draai hier in PE ?
Hou maar die moderation ding aan, net ingeval. Maar ek glo nie jy gaan probleme hê tensy daar ‘n paar trolle van anderkant af saamkom nie.
As alles goed gaan so binne die eerste 4 maande van hierdie jaar is ek weer daar.
Nee maar dis mooi , hoewel ek moet jou sê , as ek n keuse het wil ek nie meer hier wees as jy oor 4 maande hier aankom nie.
Ek soek werk innie Kaap.
Dit is nog beter. Ek is amper elke maand in die Kaap.
Jy kan maar regtig jou voordeur hier ooplos. As spesifiekes jou begin pla, sluit jy jou deur net vir hulle!
Jippeeeeee! Nog ‘n ou vriend!!! Welkom hier by die emigrante!
Dankie Jan
Ek moet sê : ek hou van die wordpress platvorm. dit werk lekker en is baie meer ‘customizable’. ek mis eger die litnet voorblad met al die nuutste posts op. dit het die lesery baie makliker gemaak.
En ook baie makliker gemaak om te sien as nuwe mense (wat jy nie gesubscribe het nie) hulle verskyning maak. Ek reken dis die enigste ‘drawback’ van wordpress
“ek mis die litnet voorblad”…
By af.wordpress.com is iets in die lyn.
Kyk ook by blik.co.za vir die nuutste in ‘n groot hoeveelheid blogs (Litnet, WordPress, en nog heelwat ander)
Jy moet daar by jou “widgets” by settings gaan krap dan trek jy die subskripsie ene na ‘aktief’ dat mense makliker by jou blog kan aanteken.
BAIE BELANGRIK, maak seker al jou settings is oral op Afrikaans gestel. As jy dan na jou instrumentpaneel/dashbord toe gaan, sal jy sien daar is ‘n onlangs geplaas lys van net die Afrikaanse blogs. Die lys is ongelukkig nie infinitief nie, ek dink hy wys die laaste 50 of so, maar dit is beter as niks.
Welkom welkom welkom. Moet jou nie bekommer nie – IEMAND sal die nuwe persone raaksien…. en dan weet ons ander ook van hom/haar/DIT!!! 🙂
Hallo toortsie
Dankie vir die verwelkoming. Ek sal nog so stadig aan my voete vind hier by Wp en julle almal beter leer ken.
Hallo hallo. Welkom hier by onse groepie. Die trolle en onaangename gestry oor en weer het my ook maar ‘n selektiewe leser gemaak by litnet.
Welkom Adoonsie! Be happy here!