My drome vir 2011

Daar is n paar goedjies waaroor ek nou nogal bly sal wees as dit my sou oorval hier in die nuwe jaar van 2011:

 

1. ‘n Joppie daar in Kaapstad. Dan kan ek darem bietjie nader aan my laaitie gaan bly. Vet weet , ‘n laaitie van 9 moet darem sy pa meer kere sien as 2 maal per jaar.

2. ‘n mooi bobbejaan wyfietjie om te help met die flooie krap. So alleen alleen deur die lewe is darem ook nie ‘n lewe nie.

3. ‘n motorfiets om mee oor naweke bietjie die stress weg te ry en die natuur te geniet. Hoewel iets soos n BMW 1200 GS adventure baie nice sou wees , sal ek heeltemaal tevrede wees met ‘n tweedehandse KLR 650 of Africa Twin of Transalp.

 

Ek werk hard aan nommer 1. Nommer 2 en 3 is ongelukkig nie op die oomblik in my hande nie. In fact as ek moet eerlik wees is al 3 eintlik maar in Sy hande.  Ek hoop maar ten minste Hy stem saam met my oor no 1 en 2.

 

….sug…

 

6 thoughts on “My drome vir 2011

  1. Jy sien die geloofding werk so. Jy moet ‘n motorfiets met ‘n syspan-karretjie begeer. Dan kan jy EN jou laaitie die wêreld plat ry oor naweke!

  2. haha Jan. Ek hoor jou. Gelukkig is hy al oud genoeg om vas te hou agterop , so die syspan karretjie is oorbodig. Gelukkig. Want ek hou nie van die syspan idee nie.😉

  3. Welkom doonsie. nr 3 is sjanana. Ek stem egter saam, die syspan laat mens aan ‘ persoon op krukke dink. Voorspoed met jou jagtog vir die Kaapse joppie.

  4. Sterkte met al jou wense. Ek persoonlik sal ook gaan vir no.1 en no 2. – maar ekke soek ‘n Fatboy-erige lowrider vir my kort beentjies . . .😉

Comments are closed.