Ek is mal oor lees. Erens in my laerskool jare het ek ontdek dat ‘n mens boeke kan lees wat jou vermaak en besig hou en nuwe dinge leer. En sedert dien het ek nooit ophou lees nie. Ek was sekerlik een van die enigste kinders in my standerd 5 klas wat Jeffrey Archer en Wilbur Smith verslind het. Ek het hele naweke omgelees.
Deesdae is ek net so lief vir lees, maar my begroting maak dat boeke vir my ‘n onbekostigbare luukse is. Gelukkig kan ek by my ma gaan boeke leen as ek gaan kuier. Ek was in November by ma en het so ‘n klompie boeke saam gebring om te lees. Hulle is :
Klaar gelees :
Draai jakkals – George Weideman
samoe(r)sa reis – c. johan bakkes
Oulap se blou – Chris Barnard
nørrevok – c. johan bakkes
Three Cups of Tea – Greg Mortenson and David Oliver Relin
We Need to talk about Kevin – Lionel Shriver
In die mond van die wolf – Paul C Venter
Murphy’s Boy – Torey Hayden
SEX GOD- Rob Bell
Stoffel in Afrika – Christiaan Bakkes
Stoffel se veldnotas – Christiaan Bakkes
Raaiselkind – Annlie Botes
April Fool’s Day – Bryce Courtenay
Besig om te lees :
Velver Elvis – Rob Bell
kortetjies en ‘n lange – PG du Plessis
OORGEGEE om Luidkeeels te leef -Retief Burger
The Bone Woman – Clea Koff
Moet nog lees :
The Book Thief – Markus Zusak
Susters van Eva – Dalene Mathee
The boy in striped pyjamas – John Boyne
Have a little Faith – Mitch Albom
Snow falling on Cedars – David Guterson
Tuesdays with Morrie – Mitch Albom
My toets vir ‘n goeie boek is om op te sien na die laaste hoofstuk… ‘n goeie boek het mos nie regtig ‘n einde nie. Reken ek.
My wyse ouma het eendag gesê sy wil nie by mense hoor watter boeke hulle gelees het nie. Sy wil by hulle hoor wat boeke hulle wéér gelees het 😉
Jy kan gerus uitkyk vir nog ‘n paar Courtenay’s.
PS: Exclusive books se “sale” begin 27 Januarie . . .
Het jy gesê sale??? Die naweek is ‘n Pretoria trippie definitief op die agenda.
ADOONS – T.O. Honniball ????
Nee JAn , jy verstaan verkeerd. Hierdie is die boeke wat ek lees/gelees het sedert November.
Mr Honniball het ek in my kinder jare gelees.
Ek sien op jou lysie vier van die Bakkes broers se skrifsels. Dalk is jy toe glad nie so sleg bo’jaan nie
Ek trek sommer jou been.
Jy lees soos my liefste vroutjie. Een boek voor die bed, een in die troonkamer, een in die sitkamer en een in die kar. Ek kan net een op ‘n slag lees anders raak ek deurmekaar.
Jy kort ‘n Kindle!
Hou op eet, stap elke dag werk toe, maar spaar jou geld vir ‘n Kindle. Vir ‘n boekslaaf (ek raak debliksem in as ek nie besig is om iets, of meer as een iets te lees nie) is dit die beste ding ooit. Ooit se ek jou. Ek het myne nou al ‘n jaar en ek kan sonder om melodramaties te wees verklaar dat dit my lewe verander het.
Dankie maar ek sal maar met die tradisionele sagteband weergawe aangaan vir solank as wat dit vir my beskore is.
Jy moet kom saam gesels op Boekemakranka ook! http://leeskring.lefora.com/
en dan is hier nog ‘n boekeblog op wordpress ook!!! http://boekensie.wordpress.com/ Weet julle daarvan?
Ek weet nou daarvan 🙂 – sal gaan loer dankie.
The book thief is ‘n fantastiese boek! Ek kon dit nie neersit nie. Ek moet jou my boeklysie stuur. Ek is soos Netjane – waar ek sit of staan of lê, is daar ‘n boek naby 🙂