Pappa wag vi jou

Hier

14 thoughts on “Pappa wag vi jou

  1. Spam. daar is nou ‘n woord wat nie by my opgekom het toe ek hierdie gepost het nie. Maar , point taken.Ek sal nie weer nie. Ek moet sekerlik ook aanvaar dat ek maar ‘n klein peanut in die pakkie was by litnet en dat meeste litnet-ers nie baie gepla gaan wees oor wat van my geword het nie.Ek lees in elk geval nog elke dag al die litnet blogs en ek sal aanhou om dit te doen.PS: het nog altyd jou blog geniet.

  2. Het jy al jou blog geconnect met networked blogs op Facebook? So kan mens jou lesers behou as mens skuif. Ek beplan ook om te skuif. Ek bekommer my net oor al my vorige blogs.Ek het lekker gelees.

  3. Hallo Petrus. Ek persoonlik het ook ‘n blog op wordpress. My probleem met Litnet is met die administrateurs, NIE met die talle vriende en kennise wat ek hier opgebou het nie. Solank die administrateurs egter bloot gaan outokraties voortploeg en my en talle ander se vrae ongeskik ignoreer, voel nie ek en dit wat reeds op my blog is ‘veilig’ nie. Ek het nog geen finale besluit gemaak nie, maar kies op hierdie stadium die veiliger roete van wordpress. Glo my as ek vir jou sê ek kry genoeg lese daar en dit is beslis nie nodig om hier te adverteer/spam nie. Tog plaas ek links op my blog hier, sodat mense wat my goeters geniet (dit is tog die doel van blog) kan weet waar ek is en nog steeds kan lees. Jan Twak bly Jan Twak, maak nie saak watter computer program hy gebruik om sy goed te deel nie.Dagsê Adoons ook.

  4. Hallo JanJy het nou my beweeg rede om hier te post ook baie geod opgesom. Kan duidelik sien wie het regte geswot en wie nie! ;-)Ek was nogal verbaas toe ek van SPAM beskuldig was, terwyl die ander bloggers wat dieselfde gedoen het vriendelikke kommentaar op hulle blogs gekry het.

  5. Adoons dankie dat jy my blog ook lees.met WordPress het ek geen probleem nie, en raai wat … ek het ‘n dormante blog daar.( ‘n nis blog gewees, iets heeltemal anders)Hoekom plaas jy maar nie ook jou wordpress blog nie maar ook hier nie.

  6. @Jan TwakEk geniet jou blog ook.Lees ‘n slag die Litnet gebruiksreëls versigtig. Persoonlik ervaar ek geen onduidelikheid nie, en ten spyte van my oortredings hier en daar voel ek glad nie dat my blog bedreig word nie.Dan weer, ek kommunikeer nie met litnet/lettercrash nie, lê nie klagtes nie.Is jou beswaar nie maar ‘n “red herring” nie.

  7. Om watter rede sou ek ‘n “red herring” wou gaarmaak en opdis?Nee, ek is inteendeel iemand wat swaar saambeweeg met verandering, dus was die oopmaak van ‘n wordpress blog nie sommer net ‘n impulsiewe moerstrip besluit nie.Wanneer ‘n administrateur kies om sy lesers te ignoreer wat geldige vrae en klagtes opper, is dit tyd om te besin. Ek het ‘n paar vrae aan wordpress ook gerig en hul antwoord was binne 8 ure. Op ‘n Sondag!

  8. Omdat jou uitstekende blog beslis nie ooit in gevaar was om deur Litnet geskrap te word nie, en omdat Litnet se gebruikvoorwaardes baie duidelik is.Bv wat verstaan jy nie hieromtrent nie :”LitNet het die reg om enige anonieme profiel, blog of kommentaar te verwyder sonder enige waarskuwing of verduideliking.”Waaroor gaan al die hope vrae wat jy en ander het ?

  9. Ons wil graag weet watter maatstaf hulle gebruik of gaan gebruik hiervoor en of dit bloot op eie oordeel of outokratiese diskressie berus.As ‘n annonieme persoon byvoorbeeld ‘n blog plaas waarin my persoon en karakter aangeval word wil ek graag weet watter maatstawwe LitNet gebruik behalwe die lomp beskrywing van “eie oordeel” om oor die voortbestaan van so ‘n blog te besluit al dan nie.Ook die teendeel is waar, waar ‘n persoon byvoorbeeld ‘n blogplasing kan hê met geregverdige kritiek. Geen riglyne of maatstawwe word gelê nie, alles is in die genade van Litnet admin se eie oordeel.Terloops die gebruiksvoorwaardes is intussen verander om Litnet 100% te beskerm (mens kan hulle seker nie kwalik neem nie). Die oorspronklike terme en voorwaardes op gronde waarvan ek my blog nie-anoniem oopgemaak het verskil drasties. Die oorspronklike kopie is in ‘n hoflêer van ‘n regsgeding van verlede jaar.

Comments are closed.