Wat sal ek dan nou sê..

…oor die dag van vandag ?

Vandag sou my 12de huweliks herdenking gewees het. Maar die lewe het die snaakse manier om anders uit te werk as wat ‘n mens beplan het. En soms kom skop hy jou in die tande; want hy kan. En so is ek nou al vir 2 jaar en ‘n handvol dae geskei.

In die laaste twee jaar het ek al hoe onfikser en al hoe groter geword todat ek in Augustus van 2010 besluit het om ‘n plan te maak. Vanaf Augustus tot November het ek baie gesonder begin eet en baie gaan stap. In die proses het ek fase een van operasie tjoep afgehandel en my gewig af gekry vanaf 141kg tot by 120. En toe kom al die jaareind funksies en kersfees en so aan. Vreemd genoeg het ek net 1 kg opgetel oor daardie tydperk, maar ek het ook opgehou stap.

En so het ek dan toe op hierdie dag van vandag besluit dat dit tyd is om fase 2 van operasie tjoep aan te pak. Fase 2 gaan behels dat ek my gewig gaan afkry vanaf 121 tot by 100. En ek weet nou al dit gaan harde werk wees.  Ek het vanaand vir die eerste keer in 2 maande weer gaan stap en ek moes tot my skok agterkom hoeveel van my fiksheid ek weer verloor het.

So… hou die spasie dop. Want hier gat ek weer.

7 thoughts on “Wat sal ek dan nou sê..

  1. Vasbyt met operasie trekkertjoep, ek cheer kliphard vir jou (en deel maar gerus jou eet en oefengeheime met my😉

      • Eish. Ek het gehoop jy gaan dit nie sê nie. Want ek hou mos van baie eet en glad nie loop nie (ek het ‘n mouterkar!)

      • Ja nee , glo my , ek verstaan presies. Ek is ook baie lief vir eet en soos my Pa altyd gesê het “Van sit , staan of loop bly lê die lekkerste.”

        Maar nou ja. Ek het darem al tot hier gekom. Nou moet ek maar weer verder ook. Wie weet, miskien as ek mooi en maar, ok wag , dalk net maar is, dan vang ek ‘n mooi bobejaan wyfie se oog.😉

Comments are closed.