Kransvalkies

Terwyl ek nou die ander dag by een van ons fabrieksaanlegte instap vlieg daar twee Kransvalkies bo oor my kop by die groot oprol deur uit. Na ‘n hengse gesmeek en soebat en baie emails na ons sekureteits afdeling kry ek toe uit eindelik toestemming om my kamera te mag inneem en hulle te gaan afneem.

Om die ouers af te neem is nog redelik moelik , maar ek het hulle nes gekry met een kuiken binne in die nes en die ander klein poephol buite op die grond waar hy uit die nes uit geduiwel het. Gelukkig vir hom bring sy Pa en Ma nog steeds vir hom ook kos. Hier is so ‘n paar fotos :

Hier sit Pa of Ma en hou my bewegings fyn dop

 

Hierdie knapie sit in die nes. Pa het nou net vir hom 'n akkedis gebring. Daar steek nog 'n stukkie van die akkedis se stert by sy bek uit.

 

 

En die knapie sit op die vloer nadat hy uit die nes uit gevoeter het.

 

2 thoughts on “Kransvalkies

    • Dankie BB

      Ek sal in die volgende paar weke gereeld daar probeer ‘n draai maak om hulle af te neem tot hulle hulle vlerke uitgesort het en kan vlieg.
      Ek dink hulle is vreeslik ougat.

Comments are closed.