Julle, ek was bevoorreg om sedert Woensdag ten minste een maal per dag by die valkies te gaan inloer. Dit is ongelooflik hoe vinnig hulle groei. Hulle is vreeslik ougat en het baie beslis ook hulle eie persoonlikhede. Die outjie wat uit die nes uit gevoeter het (kom ons noem hom Makjan) is baie rustig oor my en my teenwoordigheid. Die ander knapie (Kom ek noem hom Bangjan) , wat ook intussen van sy stelasie afgeduiwel het na ‘n laer vlak toe, is baie meer sku vir my en nie naastenby so op sy gemak met my nie. Ek het sedert Donderdagaand elke keer nog net die ma gesien as dit rondom slaap tyd is en ek was bekommerd dat die pa dalk iets oorgekom het. Gelukkig kan ek sê dat ek vandag beide vir Pa en Ma gesien het as hulle kos aandra vir die kleingoed en dat dit baie goed gaan met die kleinspan. Ek vermoed dat vlieglesse gaan begin in nie veel meer as ‘n week van nou af nie.
Hier is nog so ‘n klompie fotos:
- Bangjan loer vir my onder die brandblusser pype deur
- Makjan is glad nie gepla met my teenwoordigheid nie
- selfs nie eers as ek naby kom nie
- Kyk oom , ek het vlerke !
- en my vlerke is vol vere !
- Bangjan loer vir my vanuit sy nuwe stellasie
- Nee oom , jy mag nie nader kom nie!
- Pa sit en wag dat ek loop sodat hy vir bangjan ‘n lekker muis kan gaan voer. (die muis is nie sigbaar nie)
- Hier sit Ma met ‘n sappige springkaan vir Makjan
Adoonsie – jy verdien wragtig ‘n toekenning! Hmmm… ek weet nog nie wat ons dié wisseltrofee moet noem nie – en ek weet ook nie of ons hom maandeliks of jaarliks moet toeken nie… maar jy is beslis dan my nominasie vir Jan 2011!
Baie BAIE dankie dat jy dié met ons deel!! Dis AWESOME cool!!
Dis besondere pragtige fotos Adoons – kan jy dit nie instuur na ‘n tydskrif of iets nie?!
Dis sekerlik ‘n lekker en interessant ervaring om hulle so dop te hou!
Gaan kyk bietjie na OutdoorPhotos – dalk kan jy jou fotos daar opsit dat ander dit ook kan geniet!
Groete!