Ek wil net my begeerte met iemand deel.

Ek wil net graag my begeerte met iemand deel. Daar is iemand by die werk wat ‘n Honda Transalp soos hierdie wil verkoop vir R30K. En ek begeer daai fiets. Maar ek weet dat maak nie saak hoe ek probeer planne maak of droom nie, ek kan nie die fiets bekostig nie.

*sug*

Honda Transalp

Advertisements

Rus in vrede Lucas

In 1997 het ek in ‘n musiek instrument winkel begin werk as ‘n verkoopsman. Daar, in die winkel, het ek die vooreg gehad om musikante van alle kleure en geure te ontmoet.

So het ek instrumente of toerusting verkoop aan manne soos Coenie de Villiers, Danie Niehaus, Kevin Leo , Mathys Roets en ‘n baie besonderse mens genaamd Lucas Maree.  Ek onthou, soos gister, die eerste keer wat ek vir Lucas ‘n nuwe mikrofoon moes gaan demonstreer in die Bloemfonteinse Stadsaal een aand na werk. Lucas en sy toerusting was reeds opgestel op die verhoog en ek het net nodig gehad om die mikrofoon in te prop en reg te plaas voor sy kitaar sodat hy kon hoor hoe die klank reproduksie is. Lucas het ‘n G akkoord op sy kitaar gespeel en toe die klanke wegsterf in die saal gesnuif en met sy diep stem vir my gevra :”Wat …. kos … dit …?”. Ek het hom gesê en hy het daardie aand die mikrofoon by my gekoop op voorwaarde dat ons nooit vir Ilse sy vrou sou vertel hoeveel die mikrofoon gekos het nie.

Dit was die begin van die voorreg wat ek gehad het om vir Lucas mens te leer ken. Gereeld sou Lucas by ons in die musiek winkel kom sit en koffie drink en stories vertel het. En gereeld het Lucas een of ander instrument of toerusting gekoop  op die voorwaarde dat Ilse nie mag weet nie. Ek weet ook dat Ilse elke keer wel uitgevind het van Lucas se aankope wanneer sy haar maandstaat vir hulle rekening kom haal het. Maar dan was dit te laat want Lucas het reeds die nuwe toerusting gebruik.

Ek het uit Bloem getrek en het kontak verloor met Lucas tot ek 6 jaar later weer in Bloem gaan bly het. In daardie 2 jaar voor ek weer moes trek het ek die absolute voorreg gehad om op ‘n amper weeklikse basis saam met Lucas by Oliewenhuis te gaan ontbyt eet. Aan die begin was dit altyd 2 x gebakte eiers met spek en roosterbrood en gebraaide sampioene en kaasworsies en bodemlose koffie. Later , toe sy gesondheid hom begin pla, het hy begin om gesondheids ontbyte te eet, terwyl ek by de ongesonde opsie gebly het. Daar sou ek en Lucas onder die bome sit en kuier en gesels oor die dinge van die lewe tot na 12 in die middag. Daardie kuiertjies was goed vir my siel en my ‘sanity’ en ek sal hom altyd dankbaar wees vir die feit dat ek kon deel in sy lewe en sy mens wees. Lucas was ‘n wonderlikke mens met ‘n baie skerp sin vir humor en ‘n hart vir mense.

Ons wêreld sou kon doen met nog ‘n miljoen van sy soort.

Rus in vrede my vriend.

(ek weet nie wie die foto geneem het nie, ek het dit op die internet gekry)

R.I.P Lucas Maree

‘n Liefdesbrief (soortvan)

My liewe meisiekind.

Een van die mense op die blogs wat ek lees het voorgestel dat die anner  van ons op die blogs ‘n liefdesbrief skryf.  Jy sal nou nie weet nie, maar ek is nie eintlik baie goed met die soort ding nie.  Dis nou die liefdes brief ding. Maar, terwyl ek hier by Schoenmakerskop sit en oor die see uistaar na ‘n groot houervragskip doer op die horison, het ek gedink dat ek dit tog maar sal probeer. So nou tik ek maar vir jou ‘n brief hier op my selfoon.

Ek sit egter met ‘n probleem. Ek sou graag vir jou wou skryf en vertel hoe mooi jou hare is. Of hoe jy my hart snare roer as jy glimlag. Of hoe mooi jou oë is. Ek sou graag vir jou wou vertel hoe opgewonde ek raak as ek jou stem hoor. Of hoe ek na jou verlang as jy nie hier is nie. Die probleem is dat ek dit nie kan doen nie, want ek ken jou nie. Ek weet nie wie jy is nie.

Ek besef nou dat ek ten minste een deel van wat ek geskryf het nou al reeds kan bedoel. En dit is dat ek verlang na jou. Wie jy ook al is en waar jy ook al is, ek mis jou. Ek hoop dat ons paaidjies eendag sal kruis en dat ek nie vir altyd na jou gaan verlang nie.

Tot dan. Pas jouself asseblief mooi op. En bid saam met my dat ons Hemelse Vader ons eendag bymekaar sal uitbring.

Mis jou.

Ekke.

Kransvalkies – die laaste foto

Nou ja. Eintlik moes ek hierdie foto baie lank terug al gelpaas het, maar ek het so ‘n bietjie rondgehol.

Die eerste fotos wat ek van die valkies geplaas het was geneem op 19 Januarie en op daardie stadium het ‘Makjan’ so gelyk :

Die eerste foto van 'Makjan' 19-1-2011

Die laaste foto wat ek geneem het was van ‘Bangjan’ op 26-1-2011. Presies ‘n week later. Op daardie stadium het Makjan reeds die nes area verlaat en, en so ver ek kan agterkom, weg gevlieg na ‘n plek waar ek hom nie kon opspoor nie.  Na die laaste foto van ‘Bangjan’ was ek vir twee dae daarna weer by die fabriek om te gaan kyk of ek nie die outjies kon raakloop nie , maar dit was vergeefs.

Die laaste foto van Bangjan. 26-01-2011

Ek sou baie graag wou sien hoe die outjies leer vlieg , maar om dit te kon regkry sou ek hulle elke dag heeldag moes dophou. As die was dat ek ‘n salaris moes verdien nie , het ek wragtag ‘n hele week lank elke dag in hulle geselskap deurgebring.

So, daar het julle dan nou ook die storie.

Met myself gaan dit maar nie te waffers nie. Om die Ingelse te kwoteer :”I am just going through the motions.” Ek staan elke dag op , gaan werk toe en kom huis toe.  Daar is vir my op die oomblik nie rerig sin in die lewe nie. Ek soek werk in die Kaap , maar dit spartel ook maar. Veral omdat ek nie regtig die nodige dryf en energie het om dit voluit te doen nie.

En so gaan nog ‘n dag dan maar ook aan….