Nou ja. Eintlik moes ek hierdie foto baie lank terug al gelpaas het, maar ek het so ‘n bietjie rondgehol.
Die eerste fotos wat ek van die valkies geplaas het was geneem op 19 Januarie en op daardie stadium het ‘Makjan’ so gelyk :
Die laaste foto wat ek geneem het was van ‘Bangjan’ op 26-1-2011. Presies ‘n week later. Op daardie stadium het Makjan reeds die nes area verlaat en, en so ver ek kan agterkom, weg gevlieg na ‘n plek waar ek hom nie kon opspoor nie. Na die laaste foto van ‘Bangjan’ was ek vir twee dae daarna weer by die fabriek om te gaan kyk of ek nie die outjies kon raakloop nie , maar dit was vergeefs.
Ek sou baie graag wou sien hoe die outjies leer vlieg , maar om dit te kon regkry sou ek hulle elke dag heeldag moes dophou. As die was dat ek ‘n salaris moes verdien nie , het ek wragtag ‘n hele week lank elke dag in hulle geselskap deurgebring.
So, daar het julle dan nou ook die storie.
Met myself gaan dit maar nie te waffers nie. Om die Ingelse te kwoteer :”I am just going through the motions.” Ek staan elke dag op , gaan werk toe en kom huis toe. Daar is vir my op die oomblik nie rerig sin in die lewe nie. Ek soek werk in die Kaap , maar dit spartel ook maar. Veral omdat ek nie regtig die nodige dryf en energie het om dit voluit te doen nie.
En so gaan nog ‘n dag dan maar ook aan….
Jy moet meer op die blog kuier!!! Die baie UPLIFTING!
Baie dankie vir die deel van jou kransvalkies. Ek hoop jy voel al ‘n bietjie beter en dat jy darem al ‘n glimlag raakgeloop het.