‘n Liefdesbrief (soortvan)

My liewe meisiekind.

Een van die mense op die blogs wat ek lees het voorgestel dat die anner  van ons op die blogs ‘n liefdesbrief skryf.  Jy sal nou nie weet nie, maar ek is nie eintlik baie goed met die soort ding nie.  Dis nou die liefdes brief ding. Maar, terwyl ek hier by Schoenmakerskop sit en oor die see uistaar na ‘n groot houervragskip doer op die horison, het ek gedink dat ek dit tog maar sal probeer. So nou tik ek maar vir jou ‘n brief hier op my selfoon.

Ek sit egter met ‘n probleem. Ek sou graag vir jou wou skryf en vertel hoe mooi jou hare is. Of hoe jy my hart snare roer as jy glimlag. Of hoe mooi jou oë is. Ek sou graag vir jou wou vertel hoe opgewonde ek raak as ek jou stem hoor. Of hoe ek na jou verlang as jy nie hier is nie. Die probleem is dat ek dit nie kan doen nie, want ek ken jou nie. Ek weet nie wie jy is nie.

Ek besef nou dat ek ten minste een deel van wat ek geskryf het nou al reeds kan bedoel. En dit is dat ek verlang na jou. Wie jy ook al is en waar jy ook al is, ek mis jou. Ek hoop dat ons paaidjies eendag sal kruis en dat ek nie vir altyd na jou gaan verlang nie.

Tot dan. Pas jouself asseblief mooi op. En bid saam met my dat ons Hemelse Vader ons eendag bymekaar sal uitbring.

Mis jou.

Ekke.

8 thoughts on “‘n Liefdesbrief (soortvan)

  1. Dis ek wat dit voorgestel het en ek stel ook voor dat jy hierdie mooi brief hou om vir haar te wys nadat jy haar gekry het. Sy sal nog kom, dit glo ek , wees net geduldig.

Comments are closed.