Ek wil net graag my begeerte met iemand deel. Daar is iemand by die werk wat ‘n Honda Transalp soos hierdie wil verkoop vir R30K. En ek begeer daai fiets. Maar ek weet dat maak nie saak hoe ek probeer planne maak of droom nie, ek kan nie die fiets bekostig nie.
*sug*
Ai tog…. dalk kan elkeen wat hier lees vir jou ‘n klein donasie stuur???? (wonder darem???)
Dit is ‘n mooi fiets!!
Ek is ook self mal oor motorfietse – maar net om te kyk. Ek is vrekbang om op een te klim. Wie weet, miskien eendag dan is daai fiets joune.
Ek skimp sulke laaaaaang skimpe oor ‘n BMW GS, maar liefmens maak asof sy niks hoor nie…