My eerste liefde

Ek het haar die eerste keer gesien in die jaar na ek Matriek geskryf het. Sy was beeldskoon. Sy het uitgestaan tussen die ander modelle by die agentskap. In silver getooi het sy onmiddelik my oog gevang.  Sy was pragtig. Ek was mal oor haar kurwes.

So het ek haar elke nou en dan gesien. Soms haar groter susters. En elke keer het my hart geklop as ons paadjies gekruis het. Maar nooit het ek die kans gehad om haar van nader te leer ken nie. Altyd was sy net te sien op ‘n afstand. Gewoonlik in ‘n ander gelukkigge man se geselskap.

Groot was my verbasing en opgewondenheid toe ons paadjies toe weer kruis. En die keer sommer hier by die plek waar ek werk. En om alles te kroon is sy beskikbaar. Maar ai , dit lyk nie of ons vir mekaar bedoel is nie. Maak nie saak hoe ek planne beraam en bedink nie , dinge wil maar net nie vir ons uit werk nie.

Ek wonder of sy ooit myne sal wees ?

Ek wonder of ek ooit die kans sal kry om haar te ry ??

Ek wonder wat het julle 'dirty minds' nou weer gedink ?

One thought on “My eerste liefde

Comments are closed.