Wanderlust

Die naweek , soos so baie ander voor hom, was ek weer in ‘n vieslikke bui. Dit was asof die mure my vasdruk en my woonstelletjie net te klein geraak het. Teen Sondag middag was ek soos’n Brombeer met ’n seer poot en ’n af tand.

Uiteindelik kon ek dit nie meer hou nie en het ek in my kar gespring en soos ‘n stout kind die pad gevat , al het ek voor my siel geweet dat ek nie rerig die ekstra brandstof kan bekostig nie.

Terwyl ek ry het ek oor die verskynsel gewonder. Wat is dit wat my dryf om net in die pad te val en te wil rondry ? Wat is dit wat maak dat ek sommer net die volgende pad sal vat net om te kyk waar hy heen gaan ? Wat is dit wat maak dat ek nie kan wag om te sien wat lê om die volgende hoek , bos of draai nie?

In Engels is daar n leenwoord uit Duits genaamd ’wanderlust’. Wanderlust word deur wikipedia gedefinieer as ’n drang of n hunkering om te loop(hike) en te verken/ontdek(explore).

Miskien is dit deel van my genetiese samestelling. Die drang om te loop en te ontdek. Ek kan onthou hoe ek en my boetie van kleins af al die paadjies en voetpaaie rondom ons vakansie bly plekke verken en ontdek het .

Miskien moet ek ’n plan maak om meer gereeld uit te kom. Om ook hierdie deel van my menswees te gebruik en te ontgin. Want om uit te kom en rond te ry en te ontdek is goed vir my siel. Dit maak dat ek weer met myself kan huis hou. En ek vermoed ander ook.

Oor die volgende hewuel


Waar gaan die pad heen ?


Huisie teen die rand


Pale chanting Gosshawk

5 thoughts on “Wanderlust

  1. Ek doen dit ook soms. Klim net in die kar en ry en ry en ry. Dis dan wat jy regtig om jou kyk en oplet en inneem watter mooi eintlik om jou is.

Comments are closed.