Kalkbay

Hier is so ‘n paar fotos wat ek vandag geneem het by Kalkbaai hawe.

Sal maar anderdag blog oor wat in my kop aangaan.

Die hawe muur

1919

Roes

Die Titanic

Little Pearl

Skuite in die hawe

Kalkbaai

Kalkbaai 2

Advertisements

Die lang pad Kaap toe.

Sonsopkoms oor Kareedouw

Vanoggend net voor 5 het ek my huisie se deurtjie gesluit en die pad gevat Kaapstad toe. My Laaitie verjaar Dinsdag en sy partytjie is vanaand. Ek het besluit om die ‘scenic route’ te vat en het via die langkloof  en R62 gery.

Sonsopkoms naby Haarlem anderkant Joubertina

Tussen Montagu en Ashton.

Oor Bucket lists en die lewe.

Bankie by Schoenies

Nou ja, hier sit ek dan nou vandag by Schoenmakerskop en kyk vir die see. ‘n Baie omgekrapte see moet ek sê.  Ek dink dis tyd dat ek twee lysies maak. ‘n Bucket List en ‘n Lucky List. Die ding van ‘n Bucket list is dat dit fokus op goed wat ek wil hê, wil doen , wil besit wil ervaar ensovoorts. En om so ‘n lys op te stel mag maak dat ek onvergenoegd is en ongelukkig is met wat ek het. So – Tesame met die Bucket List Sal ek ook ‘n Lucky list maak . ‘n Lys van goed wat ek gelukkig is om te hê , te besit,  te kan doen ensovoorts.

Ek het dalk juis vandag nodig om ‘n Lucky list ook op te stel , juis om dat ek gatvol is vir sukkel en vir worry oor geld en moeg is vir alleen wees en alleen die lewe se battles fight.

OK so hier volg dan my 2 lysies :

Lucky List

Ek is gelukkig want :

  • Ek het ‘n kar waarmee ek kan rondry.(dis nou wel ‘n ou buggered Corrolla, maar dis beter sa loop)
  • Ek het ‘n laptop wat my toelaat om in my kar te sit en vir die see te kyk terwyl ek hierdie blog skryf.
  • Ek is (relatief) gesond.
  • Ek het ‘n plek waar ek kan  bly en saans my kop kan neerlê.
  • Ek het ‘n werk. Dis nie noodwendig iets wat ek geniet nie, maar ten minste het ek een.

Bucket List

Ek sal graag voor ek die emmer skop of die wederkoms plaasvind :

  • ‘n Lewensmaat wil hê. (dis kak om alleen deur die lewe te gaan)
  • ‘n Honda Africa Twin wil besit
  • met genoemde Africa Twin op toer gaan en soveel as moontlik van Suid Afrika se bergpasse en gronpaaie verken.
  • ‘n Werk wil doen wat genoeg betaal en wat ek geniet om te doen.
  • weer seks wil hê – ek vermoed dit gaan hand aan hand met die lewensmaat ding.
  • in ‘n Bell 222 (soos Airwolf) wil vlieg.

A Blast from the Past

Ek het nou die aand op E-tv weer di Da Vinci Code gekyk. Toe ek vandag in die video winkel op Angels and Demons afkom (die prequel) toe neem ek dit maar uit. En vanaand terwyl ek dit kyk sien ek toe weer een van die mooiste helikopters wat ek nog in my lewe gesien het. ‘n Bell 222.

Bell 222

Die Bell 222 het beslis bekendheid verwer in sy roll op Tv as Airwolf. Ek was persoonlik gek oor Airwolf en sou dit vandag weer op tv wys sou ek alles moontlik doen om dit weer te sien te kry.

So bietjie info oor die mooie Helikopter:

Die Bell 222 het 2 Lycoming Turboshaft enjins en kan in sekere konfigurasies tot 10 mense dra. Het ‘n topspoed van 130 knope (240km/h)  en ‘n maks reik hoogte van 3900 meter bo seevlak. Op vol tenks kan hy ongeveer 600km vlieg voor hy moet land vir sous. Die 222 het sy eerste vlug inderneem in 1976 en is as lugwaardig gesrtifiseer in 1979. Die eerste 222 is afgelwer in 1980.

Aan die einde van sy lewe as Airwolf is die Airwolf chopper in nuwe kleure geverf en het hy diens gedoen as ‘n lugambulans tot hy in Junie 1991 in ‘n Donderstorm verongeluk het. Die 3 mense aan boord het in die ongeluk omgekom.

Airwolf in sy grot.

In aksie

Ek het so pas nog ‘n item vir my bucket list gekry . Ek sal graag vir ‘n vlug wil gaan in ‘n Bell222.

Lysies

Ek doen as ‘n reel nie lysies nie, maar ek het nou weer die een op my ou litnet blog ontdek.

WHAT WAS YOUR:
1. last beverage: Koffie
2. last phone call: Vriend van my – laas nag
3. last text message:  ABSA – internet logon
4. last song you listened to: Higher Power van BOSTON. Dit onlangs weer ontdek. Hell dis lekker op top volume!!
5. last time you cried: Die Naweek

HAVE YOU EVER:
6. dated someone twice : Jip
7. been cheated on: Jip.
8. kissed someone & regretted it: Nope
9. lost someone special: Jip
10. been depressed: Verseker
11. been drunk and threw up: Nog nooit.

LIST THREE FAVORITE COLORS:
12. blou
13. Nou dat ek daaroor dink – ek het nie rerig n saak met kleure nie. Ek hou van almal
14. ek neem fotos – en daarvoor het ek hulle almal nodig

THIS YEAR HAVE YOU:
15. Made a new friend: JA
16. Fallen out of love: Ek het dan nie eers verlief gewees nie – so hoe kan ek dan out of love fall ?.
17. Laughed until you cried: Baie lanklaas – beslis nie die jaar nie.
18. Met someone who changed you:  Nee , maar die jaar is gelukkig nog nie om nie..
19. Found out who your true friends were: Ek weet dit al lankal.
20. Found out someone was talking about you: Ek maak genoeg waves dat sommige mense oor my sal praat – pla my gelukkig min
21. Kissed anyone on your friends list: (edit : Ek het intussen hieroor gaan dink en ek moet die antwoord wysig na : ja)
22. How many people on your friends list do you know in real life: Ek aanvaar dit verwys na facebook. In daai geval – almal . ek aanvaar nie n vriend op FB as ek hom nie persoonlik ken nie.
23. How many kids do you want to have: Ek het een. Ek dink dis genoeg.
24. Do you have any pets:Tel die geitjie teen my slaapkamer muur ??
25. Do you want to change your name: nee wat.
26. What did you do for your last birthday: Nie veel nie..
27. What time did you wake up today: 1ste keer – 07h00
28. What were you doing at midnight last night: geslaap
29. Name something you CANNOT wait for: bietjie rigting in my lewe. En n liefde sal ook nice wees.
30. Last time you saw your Mother: 3 weke terug.
31. What is one thing you wish you could change about you life?: Die grootste deel daarvan op die oomblik.
32. Are you named after someone: My pa en my groot oupa
33. Have you ever talked to a person named Tom : My standerd 4 geskiednis onnie was Tom.
34. What’s getting on your nerves right now: My werk
35. Most visited webpage(s): Wild Dog Advenure Riding
36. Whats your real name: vir die doel van die blog sal ons maar bly by adoons bobbejaan.
37. Nicknames: ek het nog nooit ene gekry wat gestick het nie
38. Relationship Status: ja nee – so single soos kan kom.
39. Zodiac sign: blykbaar n skerpioen of n ding. Nie dat ek my enigsins aan daai crap steur nie
40. Male or female?: Male
41. introvert?extrovert: vreemd genoed – meer introvert as extrovert – maar hang ook af in watse bui jy my vang. Ek hou egter nie van baie mense om my nie – sal baie makliker op ‘n 1 tot 1 basis met iemand oor die weg kom. En ek is beslis nie die life of the party nie.
42. Middle School: Fichardt park Pre Primer in Bloemfontein
43. High school/College: HTS Louis Botha (Bloemfontein)
44. Hair colour: Donker bruin
45. Long or short: Kort
46. Height:   1,78
47. Do you have a crush on someone?:  op die oomblik , nee. Maar ek sou nie omgegee het nie.
48: What do you like about yourself : nee vrek – al hierdie moeilike vrae..
49. Piercings: Uhmm , Nee
50. Tattoos: Nee dankie .
51. Righty or lefty: regs (ek aanvaar ons praat van hotklou of haarklou en nie politiek nie!!)

FIRSTS :
52. First surgery: Mangels
53. First piercing: tel die gate wat ek in myself geval het met die fiets ?
54. First best friend: voorskool – douglas. Ek het hom “Ketas’ genoem
55. First sports you joined: Nee wag – sport – nou het julle die verkeerde ou. Het een dag in std3 gaan rugby oefen , maar halfpad geloop nadat ek vir die hoeveelste keer in die scrum oor my rug gewiks was met die fluitjie se toutjie. Ek weet nou nog nie hoekom nie.
56. First kiss: ek kan eerlik nie onthou nie. Kon nie te great gewees het nie. .
58. First pair of trainers: trainers? Is dit nou soos in skoene ? tekkies ? nee vrek – iets no name. Met sulke neon kleur bont veters.

CURRENTLY :
59. Eating: Niks nie.
60. Drinking: ook boggerall. Sal maar nou nou gaan koffie maak
61. I’m about to: Sit rond en wag vir slaaptyd
62. Listening to: Oprah se gebabbel as background noise
63. Waiting on: Beslis die naweek.

YOUR FUTURE :
64. Want kids? Ek dink ek is nou klaar
65. Get Married/Civil Partnered? Dalk , sal maar eers die regte girlie moet ontmoet
66. Career? Wat vir n ding is dit ? op die oomblik is ek net dankbaar ek het n job. Maar ek weet die job sal nooit n career word nie

WHICH IS BETTER :
67. Lips or eyes: Ogies.
68. Hugs or kisses: Ai , ek hou van albei.
69. Shorter or taller: Maak nie saak nie. .
70. Older or Younger: so rondom my eie ouderdom is reg.
71. Romantic or spontaneous: Spontaan
72. Nice stomach or nice arms: Ai , ek vrek oor n plat sexy magie.
73. Sensitive or loud: ek hou nie van loud nie.
74. Hook-up or relationship: n proper verhouding wat kan groei en ontwikkel
75. Trouble maker or hesitant: Nee wat , trouble maker hou maar verby

HAVE YOU EVER :
76. Kissed a stranger: Nee.
77. Drank hard liquor: Tel spiced gold en coke ?
78. Lost glasses/contacts: Sonbrille gebreek , ja. Verloor nee.
79. Sex on first date: nope.
80. Broken someone’s heart: ek dink so.
81. Had your own heart broken: Jip.
82. Been arrested?: Nope  – en dis beslis nie in my beplanning nie
83. Turned someone down: Ongelukkig, ja.
84. Cried when someone died: Ja.
85. Fallen for a friend: Nope

DO YOU BELIEVE IN:
86. Yourself: uhmm , op die oomblik , nie rerig nie
87. Miracles: Uhm … deur God, ja.
88. Love at first sight: Ek dink so ja. Hoewel dit dalk eerder daai eerste ‘spark’ is wat later sal lei tot liefde..
89. Heaven: Verseker.
90. Santa Claus: op my ouderdom – nope , maar my laaitie doen..
91. Kiss on the first date: Ek weet nie , sal maar moet wag en sien. Hang maar af van daai ‘spark’ in 88
92. Angels: Jip

ANSWER TRUTHFULLY:
94. Had more than 1 girlfriend/boyfriend at a time: nope
95. Did you sing today? Vandag ? nee. Maar ek hou van sing..
96. Ever cheated on somebody? Nee
97. If you could go back in time, how far would you go?: ag , seker nie vêr nie.
98. If you could pick a day from last year and relive it : my tydjie in Tsitsikamma verlede jaar
99. Are you afraid of falling in love?: met die regte een – nope.
100. Posting this as 100 truths: ek dink so ja

My Leatherman word ‘n draadstroper

Ek was nog altyd ‘n man vir ‘gadgets’. Ek vrek oor goeters met knoppies en oor ‘multi-tools’ soos die leatherman op die foto hier langsaan.

Met my Leatherman wat altyd aan my gordel is het ek al baie goed reg gemaak of uitmekaar uit gehaal om ‘n fout te soek. Met ‘n goeie ‘multi-tool’ is ek gereed om enige DIY taak aan te pak.

Omdat ek so ‘n ekspert is deel ek dan ook graag met julle die stappe om jou Leatherman in ‘n draadstroper (wirestripper) te verander. Hoewel ek hierdie tegniek persoonlik op ‘n Leatherman getoets het kan dit ook met groot sukses op enige and ‘multi-tool’ of selfs ‘n ‘side cutter’ gebruik word.

  1. Kry gemaklik jou sit op die bed.
  2. Kry die bedlampie se dubbel koor draad waar jy die skakelaar wil aanbring.
  3. Kry jou Leatherman gereed. Maak hom oop sodat jy die tang/knipper kan gebruik
  4. Neem die draad in jou linkerhand
  5. Neem die Leatherman in jou regterhand
  6. Kies die plek op die draad waar jy wil knip om die skakelaar aan te bring.
  7. Knip !
  8. Skrou klip hard “BLIKSEM!!” en enige ander goeie krag woorde wat op daardie oomblik in jou brein inskiet.
  9. Wag tot die sterretjies voor jou oë verdwyn.
  10. Trek die duve uit jou hol uit waar hy in gesuig is van die skrik.
  11. Staan van die vloer af op waar jy jou nou bevind.
  12. Wag tot jou bene nie meer so heeltemaal wankelrig voel nie.
  13. Val bo oor die bedlampie wat op die vloer lê terwyl jy garage toe sukkel om die krag te gaan aansit.
  14. Paai die honde en vra die kinders om die kat te gaan soek.
  15. Bring sommer by voorbaat die leer saam terug om die leatherman uit die plafon uit te trek waar hy punt eerste vassit.
  16. Vra vir mamma omverskoning omdat jy so vreeslik lelik gepraat het.
  17. Gaan haal die lugvervrisser om die erge swael rook reuk in die kamer te probeer verdoesel.
  18. Maak ‘n nota om volgende keer die kamer se dak lig aan te sit en die bedlampie wat die skakelaar moet kry uit te prop voor jy die draad knip.

Dit gaan darem beter

My nuwe speelding

Nou ja , wat sal ek dan nou sê ? Anders as my vorige pos gaan dit darem nou al beter met my.

Ek is weer terug op die internet nadat my ma haar oor my ontferm het en vir my ‘n laptop gekoop het. Niks fancy nie , maar goed genoeg dat ek weer kan begin blog en skryf en julle blogs lees sonder om my arme selfoontjie totaal te oor eis.

My landlord het vir sy vrou ‘n nuwe wasmasjien gekoop nadat haar vorige ene opgepak het. Ek het mooi gevra en hy het vir my die oue gegee wat ek gestrip het en skoon gemaak het en wat nou weer baie mooi werk.

En ek het my eerste koerant stuk gepubliseer gekry in The Herald !!!!

So all in all gaan dit baie beter met my dankie.  Ek droom nog steeds oor ‘n motorfiets en hoop dat ek eendag die geluk sal hê om ‘n motorfiets te besit.

O ja.. , vir die van julle wat die stuk in die koerant wil lees – julle kan hier gaan loer.