Adoons boer agteruit

Waarskuwing : As jy nie lus is vir ‘n gesanik nie – hou verby vandag

In die fliek Luther sê Martin Luther op ‘n stadium vir sy vrou Catherine von Bora die volgende :”I am so depressed I often can’t get out of bed”. Ek voel vandag so.

Ek is moeg vir sukkel. Ek is moeg daarvoor om in my granny flat vas gekeer te wees omdat ek nie petrol vir my kar kan bekostig nie.  Ek is moeg daarvoor om te droom oor goed wat op die ou end vir my onbereik baar is.  Ek is amper 35 jaar oud en ek het fo… niks om daarvoor te wys nie. As ek al my aardse besittings verkoop en die bietjie skuld wat ek het op my kar afbetaal dan gaan ek nie genoeg geld oorhou om daai motorfiets wat ek so oor droom te kan koop nie.  En daai fiets kos net R32 000.

Ek is moeg en gatvol en moedeloos en ……

Maar oor ‘n paar minute stap die baas weer by die kantoor in. En dan plak ek maar die ou maskertjie op en gaan aan met die dag. En met die res van die week . En die res van die maand. En nog ‘n jaar. En nog een. En voor ek my oë uitvee is ek oud en my lewe verby.

6 thoughts on “Adoons boer agteruit

  1. Ai! Ek wens ek kon help. Maar dis ook net leë woorde. Ek troos my altyd daaraan dat dit mos nie net kan aanhou en aanhou sleg gaan nie. Ek glo ook met jou, al gaan dit nou verskriklik sleg, al voel jy of alles teen jou draai, dit nie altyd so kan gaan nie. En dat daar iewers vorentoe baie goeie tye vir jou wag. Baie sterkte!!

  2. Vasbyt mater, onthou dit maak nie saak hoeveel keer jy platgespeel word in die speletjie genaamd lewe nie. As jy net eenmaal meer opstaan is jy die wenner.
    Jy het my nommer as jy ‘n arm nodig het om jou weer op te help.

  3. En as jy volgende keer in Bloem kom, gaan stap net vir 5 minute deur Lettie Fouche tehuis. Enige van daai kinders sal die res van hulle lewe prysgee om net 1 dag in jou skoene te wees.

    Ek raas nie, ek moet soms self hierdie woorde vir my sê om uit die bed uit te kom.

Comments are closed.