Dit gaan darem beter

My nuwe speelding

Nou ja , wat sal ek dan nou sê ? Anders as my vorige pos gaan dit darem nou al beter met my.

Ek is weer terug op die internet nadat my ma haar oor my ontferm het en vir my ‘n laptop gekoop het. Niks fancy nie , maar goed genoeg dat ek weer kan begin blog en skryf en julle blogs lees sonder om my arme selfoontjie totaal te oor eis.

My landlord het vir sy vrou ‘n nuwe wasmasjien gekoop nadat haar vorige ene opgepak het. Ek het mooi gevra en hy het vir my die oue gegee wat ek gestrip het en skoon gemaak het en wat nou weer baie mooi werk.

En ek het my eerste koerant stuk gepubliseer gekry in The Herald !!!!

So all in all gaan dit baie beter met my dankie.  Ek droom nog steeds oor ‘n motorfiets en hoop dat ek eendag die geluk sal hê om ‘n motorfiets te besit.

O ja.. , vir die van julle wat die stuk in die koerant wil lees – julle kan hier gaan loer.

8 thoughts on “Dit gaan darem beter

  1. Baie geluk met jou eerste artikel! Jy moet nou jier in die SujidKaap ook’n bietjie kom rondry en artikels skryf, en as jy doen, kontak my dat ek jou vertel!

  2. Baie geluk. ek het die artikel gelees, en ek is seker dat daar nog baie gaan kom! EN dat daardie “trippie” gehelp het dat jy vandag soveel beter voel!

Comments are closed.