A Blast from the Past

Ek het nou die aand op E-tv weer di Da Vinci Code gekyk. Toe ek vandag in die video winkel op Angels and Demons afkom (die prequel) toe neem ek dit maar uit. En vanaand terwyl ek dit kyk sien ek toe weer een van die mooiste helikopters wat ek nog in my lewe gesien het. ‘n Bell 222.

Bell 222

Die Bell 222 het beslis bekendheid verwer in sy roll op Tv as Airwolf. Ek was persoonlik gek oor Airwolf en sou dit vandag weer op tv wys sou ek alles moontlik doen om dit weer te sien te kry.

So bietjie info oor die mooie Helikopter:

Die Bell 222 het 2 Lycoming Turboshaft enjins en kan in sekere konfigurasies tot 10 mense dra. Het ‘n topspoed van 130 knope (240km/h)  en ‘n maks reik hoogte van 3900 meter bo seevlak. Op vol tenks kan hy ongeveer 600km vlieg voor hy moet land vir sous. Die 222 het sy eerste vlug inderneem in 1976 en is as lugwaardig gesrtifiseer in 1979. Die eerste 222 is afgelwer in 1980.

Aan die einde van sy lewe as Airwolf is die Airwolf chopper in nuwe kleure geverf en het hy diens gedoen as ‘n lugambulans tot hy in Junie 1991 in ‘n Donderstorm verongeluk het. Die 3 mense aan boord het in die ongeluk omgekom.

Airwolf in sy grot.

In aksie

Ek het so pas nog ‘n item vir my bucket list gekry . Ek sal graag vir ‘n vlug wil gaan in ‘n Bell222.

One thought on “A Blast from the Past

  1. Gradeer hom bietjie op op jou bucket list- sê jy wil een hê! Een vlug is darem net te klein vir ‘n Bucket List. Is daar nie by die Kaapse Waterfront iemand wat ‘n mens met so een vir ‘n vlug kan vat nie? Dit gaan moerduur wees, maar behoort absoluut die moeite werd te wees! Ek weet daar is so ou Huey uit die Vietnamoorlog wat ook daar rondvlieg.
    Toe ek klein was, wou ek ‘n chopperpilot word, vandag wens ek ek het meer aandag daaraan gegee!

Comments are closed.