Oor Bucket lists en die lewe.

Bankie by Schoenies

Nou ja, hier sit ek dan nou vandag by Schoenmakerskop en kyk vir die see. ‘n Baie omgekrapte see moet ek sê.  Ek dink dis tyd dat ek twee lysies maak. ‘n Bucket List en ‘n Lucky List. Die ding van ‘n Bucket list is dat dit fokus op goed wat ek wil hê, wil doen , wil besit wil ervaar ensovoorts. En om so ‘n lys op te stel mag maak dat ek onvergenoegd is en ongelukkig is met wat ek het. So – Tesame met die Bucket List Sal ek ook ‘n Lucky list maak . ‘n Lys van goed wat ek gelukkig is om te hê , te besit,  te kan doen ensovoorts.

Ek het dalk juis vandag nodig om ‘n Lucky list ook op te stel , juis om dat ek gatvol is vir sukkel en vir worry oor geld en moeg is vir alleen wees en alleen die lewe se battles fight.

OK so hier volg dan my 2 lysies :

Lucky List

Ek is gelukkig want :

  • Ek het ‘n kar waarmee ek kan rondry.(dis nou wel ‘n ou buggered Corrolla, maar dis beter sa loop)
  • Ek het ‘n laptop wat my toelaat om in my kar te sit en vir die see te kyk terwyl ek hierdie blog skryf.
  • Ek is (relatief) gesond.
  • Ek het ‘n plek waar ek kan  bly en saans my kop kan neerlê.
  • Ek het ‘n werk. Dis nie noodwendig iets wat ek geniet nie, maar ten minste het ek een.

Bucket List

Ek sal graag voor ek die emmer skop of die wederkoms plaasvind :

  • ‘n Lewensmaat wil hê. (dis kak om alleen deur die lewe te gaan)
  • ‘n Honda Africa Twin wil besit
  • met genoemde Africa Twin op toer gaan en soveel as moontlik van Suid Afrika se bergpasse en gronpaaie verken.
  • ‘n Werk wil doen wat genoeg betaal en wat ek geniet om te doen.
  • weer seks wil hê – ek vermoed dit gaan hand aan hand met die lewensmaat ding.
  • in ‘n Bell 222 (soos Airwolf) wil vlieg.

13 thoughts on “Oor Bucket lists en die lewe.

    • Thanx Bileam…. Nee wag….. Bileam se donkie. Dit maak jou die donkie ??!!

      Thanx Donkie.😉

      Moet eerlik wees – ek het al redelik moed en hoop verloor dat dit ooit sal gebeur.

  1. WOW!!! Veels geluk! Ons is almal so besig met ons bucket lists, of nie eers daarmee nie. En jy het sommer ‘n bucket list EN ‘n lucky list!
    Ja! Dis ‘n wonderlike voorstel! Ons moet ook ons LUCKY lists opstel!
    (Ek glo as jy geduldig is, jy nog van daai punte op die bucket list gaan kry!! – Moet net nie haastig wees nie!)

    • EK is bevrees; dis baie maklik om vir ander mense op die net te lieg en maskertjies op jou blog voor te hou.

      Ongelukkig boer adoons nie vorentoe nie. Adoons het pretty much moed op gegee met die lewe en so by so hoop verloor. Hy sit nou maar dag vir dag by die werk of by die huis en wag om te sien wanneer hy die emmer gaan skop of die wederkoms gaan plaasvind.

      Die tragedie van ‘n moderne lewe is dat dit geld kos om te kan lewe. Om enigiets meer te doen as net by die huis sit. Adoons se budget is tans so opgef…. stukkend dat hy nie kan bekostig om enigiets anders te doen as by die huis sit nie.

  2. Het jy goeie vriende. Iemand wat jou vir n koffie maar in die geval lyk dit of ‘n dop beter gaan werk kan stiek? Jammer hulle lees nie jou blog.. Vir wat dit mag beteken: ‘ Hang in there soldier , we don’t want to loose you yet..’ Probeer net elke dag oorleef. Soek met alles wat jy in jou het na enigiets wat remotely positief lyk en konsentreer daarop. Erens sal die wiel draai (al weet jy op die oomblik nie eers waar die blerrie wiel is nie). My man was ‘n paar jaar terug waar jy nou klink om te wees. Dit kan hel raak, sterkte!

  3. Adoons jou wense kan nog bewaarheid word want jy het darem ‘n kar wat jou voete is want dit kan jou bring waar jy wil wees.Join the date club.

  4. Moed inpraat, dié kan ek nie. Om die waarheid te sê is die blote gedagte daarvan vir my…wel snaaks. Twee miere wat mekaar probeer oortuig hulle kan ‘n olifant wurg…ok sorrie, dit help seker nie regtig nie.

    As jy glo dat jou lewe hier ‘n doel het, en ek het genoeg na jou geluister om te weet jy doen, dan is die feit dat jy steeds lewendig is bewys dat jy nog nie daardie doel bereik het nie. En dit is vrot en onregverdig dat jy jou in die omstandighede bevind waarin jy tans is, maar dit is wat dit is, en dit gaan nie verander tot die tyd reg is nie: jou beste pogings ten spyt. So keep on holding on, jou storie is nog nie klaar vertel nie.

    Ek is vrek goed om raad uit te deel wat ek gewoonlik nie self volg nie. Hier is dan eerder vir jou ‘n klop op die skouer, net om te sê ek is jammer, ek verstaan en vasbyt.

    • Hey Plasie – goed om darem weer jou skryfsel te sien.
      Ek het ‘n vriendin wat altyd gesê het dat mense wat vir jou sê hulle verstaan , nog nie in ‘n soortgelyke situasie was nie. Die wat in soortgelyke situasies was weet dat woorde nie gaan help nie. Ek lees in jou skrywe daardie selfde woordeloosheid. En ek verstaan. En waardeer jou inloer en jou gebrek aan woorde.

      Ek sal weer aangaan. Maar ek sou bly gewees het vir so ‘n ligpuntjie in die tonnel.

      Dankie vir jou inloer.

  5. Pingback: Gratis? « Toortsie se Blog

Comments are closed.