Om met weerlig te speel

Vanoggend in my stilte tyd het ek die donderweer buite gehoor en my kamera gevat en met die weerlig gaan speel. Terwyl ek die skouspel voor my gadeslaan kon ek nie anders as om aan die teks in Job te dink nie :

Daarna het die HERE Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:  (Job 38:1)

Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?
Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat ‘n oorvloed van water jou oordek?
Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!  (Job 38:33-35)

8 thoughts on “Om met weerlig te speel

  1. Ek is in die eerste plek mal oor die aanhaling. Maar die foto’s is…. ek het nie woorde nie. Watter woorde sal reg doen aan die foto’s? Asemrowend? Fantasties? Uit ‘n ander wêreld? Dit lyk of die stad brand.
    baie dankie dat jy dit vir ons kom wys het.

    • Oom Donkie dominee 😉

      Ek weet nie van die vorentoe boer nie, maar ek try. En ek weet ook as ons Vader my oor die vingers getik het.

      Well……

      Soms. Ander kere is ek mos weer stok doof.

  2. Ek het ‘n ruk terug ‘n baie goeie boek van Philip Yancey gelees, Dissapointment with God , en daarin noem hy onder andere don’t confuse God with life. God is soveel groter as die alledaagse sleur van ons lewe. En die weerlig foto’s onderstreep dit. Baie mooi die foto’s . Dit sal terapeuties wees as jy jou lewe nou soos jy dit ervaar, goed en sleg, met foto’s vertolk. Dalk haal foto’s daai seer se angel uit.

    • Hallo Anna

      Ek hou baie van Yancey se boeke. Miskien juis omdat sy boeke uit sy eie ‘struggles’ gebore word. En omdat hy nie soos baie ander ‘n boek per maand uitpop nie. Ek dink ek het al Dissapointment with God gelees, maar miskien is dit weer tyd om dit op te spoor en te lees. Ek hoor wat jy sê oor die terapie van fotos , maar ek dink nie ek is kunstig genoeg om my lewe met foto’s te vertolk nie. Miskien is ek te vol nonsens/perfeksionisties oor my fotos. Ek sal nie maklik ‘n foto publiseer wat in my oë ‘alledaags’ is nie. Ek is nie tevrede met alledaagse mik en druk fotos nie. En om met ander woorde my hele (alledaagse) lewe te probeer vasvang in ‘nie-alledaagse’ fotos dink ek nie is moontlik nie. Ek dink nie ek is ‘n ‘bad’ fotograaf nie, maar ai – ek sukkel met die bemarking ding. Weereens seker omdat ek te vol nonsens is oor my eie fotos. Nee , ek weet ek het goeie fotos. Dalk eerder omdat ek nie maklik ‘network’ nie. Ek is nie ‘n sosiale kreatuur nie en kom nie goed met met baie mense oor die weg nie. Veral nie vreemde mense nie.

      Anyway. Dankie vir jou inloer en kommentaar.

  3. Ek het eendag in ‘n vreemde dorp ‘n maaltyd gedeel saam met ‘n man wat goedgunstelik sy tyd opgeoffer het om die tyd vir my vinniger te laat omgaan. Dit is ‘n man wat ook al heelwat meer dwarsklappe uit die lewe ontvang het as wat hy verdien.
    Daar was baie om oor te gesels en dit was alreeds laataand toe die gesprek by fotografie loop stilstaan. Skielik was dit ‘n totaal ander mens wat voor my gesit het, en selfs ‘n blinde man kon voel dat fotografie is waar daardie man se passie lê.

    Moenie Anna F se voorstel summier afskiet nie. Adoonsie mag miskien iewers onder in die hopie lê as dit kom by geld en besittings, maar hy is in ‘n klas van sy eie as dit kom by foto’s neem. Komaan probeer dit, soek elke dag iets om af te neem wat jou gevoel op daardie stadium weerspieël. Wat het jy om te verloor?

  4. WoW!!!
    Ek ditto Anna en Plasie. Jy hoef nie te ‘netwerk’ of sosiaal te raak nie. Begin daai 365-day-trip around the sun visuele dagboek – 365daysaroundthesun.wordpress.com – ek’t gekyk – hy’s beskikbaar!!😉 en plaas elke aand een foto daar. Dalk ‘n opskrif. Geen beskrywing nodig nie (a picture paints a thousand words)- behalwe as jy dit dalk ‘n spiritually visual trip wil maak en ‘n Bybelvers wil bysit? Jy hoef nie te reply op comments nie – jy hoef nie te socialize nie – dis ‘n GROOT talent wat jy het.

Comments are closed.