Vlooi probleme

Goeie dag my mede internet gebruikers. Vandag voel ek my dit genoop om my kundigheid rondom vlooie met julle te deel.  Sien , ek is mos nou eintlik n bobejaan mannetjie. En bobbejaan mannetjies het vlooie. Dit maak dus sekerlik ook sin dak ek dus sal raad hê vir die vlooi probleem.

Bogenoemde is die enigste rede wat ek aan kan dink hoekom iemand ‘wat help vir vlooie’ in google sou kon intik en die skakel gevolg het tot my blog. Dis vreemd , ek weet, maar dis waar. En dus om te sorg dat ek  in die vervolg  nie weer die arme soekende siel teleurstel nie deel ek graag nou met julle die geheim van vlooi beheer.

El aanvaar die soekende siel het dalk raad gesoek met die vlooie op sy hond en daarom sal ek my raad aanpas vir gebruik op honde.

Wat jy benodig is :

340 ml stroh rum
1 Koppie fyn sand.
1 goeie hoetrou stel
1 lekker party CD.  iets soos lekker boere doef doef volume 19. Iets met ‘n lekker beat.

Volg nou die volgende opdrag noukeurig.

1. vang die hond
2. kry iemand om die hond vas te hou
3. plaas die hoetrou luidprekers aan weerskante van die hond
4. Skakel die ligte af om ‘n partytjie atmosfeer te skep
5. Speel nou die party Cd teen ‘n Lekker hoe volume.
6. Besprinkel nou die hond mildelik met die stroh rum – gee veral aandag aan al die plekkies waar die vlooie altyd so saamdrom
7. Na sowat ‘n halfuur van partytjie musiek  is dit tyd om oor te gaan na die volgende stap.
As jy nie ‘n horlosie het om te sien wanneer ‘n halfuur verby is nie kan jy net die volgende nuttige wenk volg : Luister na die musiek en tel elke keer as jy die woorde , bokkie , rokkie , sokkie , baby , tjoklits, ensovoorts hoor. Hou aan tel tot jy by 500 uit kom.  Jy behoort 500 te haal teen die 5de snit op die CD en dit behoort darem amper 30 minute te wees.
8. nou strooi jy die sand mildelik oor die hond op al die plekke waar jy die stroh rum gesprinkel het.

Teen die tyd sal die vlooie al goed dronk wees en lekker onder mekaar baklei. Die sand is dan die perfekte ding vir hulle om mekaar mee dood te gooi in hulle dronkenskap.

Bogenoemde werk goed vir ‘n hond van tot 5kg. Vermeerder die verhoudings dienooreenkomstig vir groter honde.

5 thoughts on “Vlooi probleme

    • Ag nee wat. Ek drink sommer self die rum en wag dat dit op my sweet uitslaan. Dan as de vlooie dronk raak gooi hulle mekaar met my skilfers dood.

  1. Die is die beste raad ooit, wag waar is dai hond nou heen,
    kom hier ounooi se honne ek het raad vir daai gekrap

Comments are closed.