My fiets se verjaarsdag

Sondag oggend was ‘n nat, koue, reenerige dag. En ek moes heeldag in die huis sit terwyl ek weet dat my fiets onder die afdak staan met net 22 kilometer om te gaan voor dat sy haar sesde verjaarsdag vier. Gelukkig het die weer darem so bietjie opgeklaar en teen 3uur die middag kon ek ek dit nie meer hou nie en het ek die pad gevat na Redhouse stasie toe.

Ek wou nog altyd fotos van haar by die Redhouse stasie geneem het en soos dit toe uitwerk slaan sy oor na 60000 km net toe ek op die stasie peron opry.

Met ‘n honger kol op my maag vat ek toe die pad na Swartkops en vandaar oor die brug na Bluewaterbay waar ek vir my ‘n pasty en ‘n coke koop by die Spar. Met die pasty in my topbox het ek die stuk ingesit na die strand om daar in vrede die pasty en die wonderlike uitsig te gaan geniet.  My vrede was net versteur deur ‘n baie opdringerige bedelaar wat net nie opgegee het tot ek my pasty met hom gedeel het nie.

Advertisements

Twee wiele kan ook seer maak.

Sedert my laaste pos het ek ook so ‘n paar ongelukkies gehad waar my nuwe liefde by betrokke was.

Twee Saterdae terug het ek dit nodig gevind om my fiets se kettang skoon te maak en nuwe olie te gee. Ongelukkig het ek myself stupid gehou en in die proses die punt van my duim met die fiets se kettang afgeknip. As jy nuuskierig is om die hele storie te lees is jy welkom om hier te gaan lees. Wees gewaarsku – daar is fotos met bloed by betrokke !

hier is ‘n foto van hoe my duim nou lyk na net meer as tien dae se genesing

ouch. Die ouens by die werk noem my nou "9.80"

Die naweek daarna het ek saam met my broer in Alexandria gaan ry. Wel dit was die idee.  Die praktyk het effens anders uitgewerk.

Ek het my gat af geval. En nogal skade aan my liewe fiets aangerig in die proses. Ek voel nogal sleg oor ek haar so seer gemaak het. Ek wag om te hoor wat die versekering gaan doen uitbetaal vir die regmaak.

As jy meer wil lees oor my ongeluk – lees gerus hier.