Sedert my laaste pos het ek ook so ‘n paar ongelukkies gehad waar my nuwe liefde by betrokke was.
Twee Saterdae terug het ek dit nodig gevind om my fiets se kettang skoon te maak en nuwe olie te gee. Ongelukkig het ek myself stupid gehou en in die proses die punt van my duim met die fiets se kettang afgeknip. As jy nuuskierig is om die hele storie te lees is jy welkom om hier te gaan lees. Wees gewaarsku – daar is fotos met bloed by betrokke !
hier is ‘n foto van hoe my duim nou lyk na net meer as tien dae se genesing
Die naweek daarna het ek saam met my broer in Alexandria gaan ry. Wel dit was die idee. Die praktyk het effens anders uitgewerk.
Ek het my gat af geval. En nogal skade aan my liewe fiets aangerig in die proses. Ek voel nogal sleg oor ek haar so seer gemaak het. Ek wag om te hoor wat die versekering gaan doen uitbetaal vir die regmaak.
As jy meer wil lees oor my ongeluk – lees gerus hier.
My vriend, daardie duim lyk blerrie seer! Jammer oor die skade. Dit gebeur mos ook maar in ons liefdesverhouding met onse skelmpies…
Eina.
Eina pyn. Dit lyk of jou duim deur ‘n vleismeul is!
OW!!