My fiets se verjaarsdag

Sondag oggend was ‘n nat, koue, reenerige dag. En ek moes heeldag in die huis sit terwyl ek weet dat my fiets onder die afdak staan met net 22 kilometer om te gaan voor dat sy haar sesde verjaarsdag vier. Gelukkig het die weer darem so bietjie opgeklaar en teen 3uur die middag kon ek ek dit nie meer hou nie en het ek die pad gevat na Redhouse stasie toe.

Ek wou nog altyd fotos van haar by die Redhouse stasie geneem het en soos dit toe uitwerk slaan sy oor na 60000 km net toe ek op die stasie peron opry.

Met ‘n honger kol op my maag vat ek toe die pad na Swartkops en vandaar oor die brug na Bluewaterbay waar ek vir my ‘n pasty en ‘n coke koop by die Spar. Met die pasty in my topbox het ek die stuk ingesit na die strand om daar in vrede die pasty en die wonderlike uitsig te gaan geniet.  My vrede was net versteur deur ‘n baie opdringerige bedelaar wat net nie opgegee het tot ek my pasty met hom gedeel het nie.

4 thoughts on “My fiets se verjaarsdag

  1. Baie geluk liewe GS, omlat jy verjaar, mag die Here jou seën en Adoonsie vingers spaar…

    Is die motorfiets klaar herstel, en hoe gaan dit met DAAI vinger? Ek kry skoon nagmerries nadat ek DAAI foto gesien het, ek was so bly dis nie my vinger nie… en ek het ook al daai risiko tientalle kere geloop, nooit geweet DIS wat kan gebeur nie!

    • Hallo Dominee Donkie.

      Die fiets is nog nie heeltemaal herstel nie, maar ek het darem al die flikers en spiel en so uitgesort. Ek moet nog die ‘cluster basket’ reguit maak of vervang en die side panel en voor fender laat regmaak en spray.

      Die duim gaan OK. Dis verbasend hoe vinnig hy gesond word. sal hom een van die dae weer kan gebruik.

      Hoop jy olie van nou huisbesoek se kettang op ‘n ander manier.

  2. Glo my, een kyk na jou duim het my laat besluit om NOOIT weer Huisbesoek se ketting te olie nie! Ok, seker nie nooit weer nie- maar beslis sal ek dit nou anders aanpak. Dit lyk te seer om te oorleef!

  3. Pingback: Tannie Tossel se Trolstorie « Toortsie se Blog

Comments are closed.