En so verander ‘n mens se lewe.

Ek is mos nou vir die laaste paar maande ‘n lid van ‘n internet forum genaamd Wilddogs.za.net.  Die forum is tot ‘n groot mate deel van hoe ek my motorfiets gekry het , deurdat een van die lede vir my die fiets te koop aangebied het teen ‘n fantastiese winskoop.

 

Nou ja – so is die forum ook die deel van hoe ek my nuwe werk gekry het. Jip  – dis reg , die bobejaantjie het werk gekry in Somerset wes as die assistent bestuurder van ‘n nuwe motorfiets bybehore winkel wat binnekort daar oopnaak. Dit beteken dat ek oor 3 weke moet trek sodat ek die 17de Oktober kan begin werk in my nuwe pos.

Die forum is dan ook deel van hoekom ek more verlof het om saam met ‘n klomp van die ander forum lede na Oudshoorn te ry om te gaan deel neem aan die Springbok rally.   Die Springbok is ‘n mak rally. Dit word bemark as ‘n familie rally waar kinders ook welkom is sonder die rowwe elemente soos by die Buffalo rally.

 

Hier staan Jemima gepak en gereed vir die naweek se trippie.

 

Gereed vir die langpad

Ek  sien baie uit daarna om ‘n bietjie weg te kom en my fiets te gaan geniet. En ek is baie, baie dankbaar vir die mense wat dit vir my moontlik gemaak het om die trip mee te maak.

2 thoughts on “En so verander ‘n mens se lewe.

  1. Adoons! Jy boer nou wragtag vorentoe, broer! Eers die bike, toe die droomjob. Nou moet ons net aanhou bid vir die Girl?

    Baie geluk met die nuwe werk in ‘n Great omgewing, Ek hoop die volgende hoofstuk van die lewensboek van Adoons gaan baie mooi wees!

Comments are closed.