Random ramblings

Image

Nou ja, soos Oom Dominee Donkie dan ook opgemerk het , is ek terug. Dis nou terug hier in die blogosphere. Ek is nie so seker dat dit ‘n goeie ding is nie. Sien , die ding is dat ek gewoonlik begin skryf en blog as dit nie met my goed gaan nie.

Maar nou moet julle nou ook nie dat daai stelling julle onder die valse idee plaas dat dit met ander woorde goed gegaan het met my in die tyd wat ek so stil was nie. Ek spartel maar om my kop bo water te hou. Ek wens ek kan die sin in die lewe raaksien. Ek wens ek kan meer uit die lewe kry as om net werk toe te gaan en huis toe te kom. Eintlik smag ek net daarna om weer ‘n meisiekind in my lewe te hê. Want ek dink darem nou wragtag dat drie en ‘n half jaar se alleen wees darem nou genoeg is.

Daar is ‘n helse klomp vrae , gedagtes en worstellinge in my kop , maar ek weet nie of dit so ‘n goeie idee is om dit hier op ‘n paar ‘unsuspecting’ lesers te kom laat val nie. Dalk skrik die dinge in my kop die laaste paar lesers ook finaal af.

Nou ja, dis seker genoeg ‘random ramblings’ vir een aand.

O ja – die foto hierbo is geneem een Volmaan aand. Die wolke is so van agter af bo die Hottentots Holland berge verlig deur die Volmaan wat net besig was om sy kop uit te steek.

2 thoughts on “Random ramblings

  1. Hallo Adoonsie, dis lekker om jou ook hier raak te loop. Ek het ook maar onlangs weer begin blog. Sterkte met die soeke na ‘n meisiekind – dit sal gebeur, jy sal sien.

    En jy neem baie mooi foto’s!

Comments are closed.