Om te droom

Ek is baie bevooreg om ‘n motorfiets te kan ry.  Iets wat ek nooit  kon glo moontlik sou wees vir my nie. Maar eendag so twee jaar gelede het iemand vir my sy fiets te koop aangebied met ‘n aanbod wat ek net nie kon los nie. En so het dit gebeur dat ek die die eienaar van Jemima geword het. Ek het vir Jemima gaan haal in Pretoria met 54000 km op haar klok. Die naam het ek ge-erf van haar vorige eienaar af. In die laaste twee jaar het ek en Jemima amper 50000 km gedoen en sy staan nou op 103000km. Ek weet nie of ‘n mens vir iets soos ‘n motorfiets kan lief wees nie , maar ek laaik my baaik kwaai!! Ek dink beslis dat Jemima my van totale depressie gered het. Daai fietsie het my lewe verander.

Jemima

Jemima

So nou en dan droom ek van ‘n ander fiets. As Jemima dan eendag nie meer met is nie sal ek graag ‘n Yamaha 1200 Super Tenere wil he.  Die 1200 se Klein boetie die 660 Tenere trek my ook. Daar is natuurlik bespiegelings op die web dat Yamaha werk aan ‘n 900 Tenere. Ek dink dit sal die ideale fiets wees.  So dalk eendag as die Vader my dit gun ry ek een die van die hier onder. Mens kan mos maar droom ?

Yamaha XT1200Z Super Tenere

Yamaha XT1200Z Super Tenere

Yamaha XT1200Z Super Tenere

Yamaha XT1200Z Super Tenere

Yamaha Xt660Z Tenere

Yamaha Xt660Z Tenere

Al die fotos is op die web gesteel behalwe die een van Jemima.

Advertisements

En hier sit ek nou

Wawyd flippen wakker en kiertsregop. En dit net oor ek nie netnou my lus vir n koppie koffie kon beteul nie.

In my getroude dae kon ek koffie drink net voor slaaptyd en dan omdraai en gaan slaap, maar deesdae werk dit nie meer so lekker nie. Ek drink deesdae baie minder koffie en as ek dan wel laat  in die middag koffie drink dan gebeur dit soos vanaand dat ek wakker sit in plaas van slaap. En ek moet slaap , want ek moet more werk.

En ek het nie eers ‘n boek om te lees op die oomlik nie.

smlCoffee-coffee-13874629-1920-1200

My dag vandag

Verlede week kom die papiertjie in die pos. Ek kan my nuwe kaart lisensie gaan haal. Dis nou die ene met my motor lisensie en my nuut verwerfde motorfiets lisensie op. En so met n bietjie moeite oortuig ek die baas om vir my ‘n dag se verlof toe te staan en sit ek vanoggend die stuk in na Somerset Wes se toets stasie om my lisensie kaart te gaan haal.

Nou is dit ook so dat my motor en my motorfiets se lisensieskywe verval het. Die motor al in Januarie en die fiets einde van verlede maand.  Ek bly intussen in Belville ,maar ry nog met CFM nommers rond. Om my arme begroting te probeer spaar het ek toe ook vandag in Somerset Wes my lisensie skyfies gaan hernu. Spesifiek daar sodat ek nie  nog nuwe nommerplate ook moes koop nie. Ewenwel het die oefening my nog steeds R800 rand gekos. Dis nou vir die twee lisensies en die laat boetes.

Met al die dinge gedoen en agter die rug het ek besluit om die langer pad huis toe te neem. Af in Beach road in Strand waar ek nie kon help om oor die spoedwalle te spring nie. En toe na Rooiels toe waar ek ‘n lekker koppie sawelyf en ‘n baie lekker brekkie genuttig het.

 

sml20130627_104640

sml20130627_110105

Na n lekker brekkie het ek deur Kleinmond gery en toe met die Highlands grondpad tot in Elgin vallei. En van daar tot in Botrivier en toe  Van der Stell pass en Franshoekpas tot in Franshoek .

Hier is n fototjie wat ek geneem het tussen Van der Stell pas en Villiersdorp.  Dis ongelukkig geneem met my selfoon nadat ek my ‘Ride report’  kamera vir my laatie gegee het.  Ek het gehoop ons sal die maand bonus kry wat my sou toelaat om weer vir my n kameratjie te kry , maar dit gaan ongelukkig nie gebeur nie.

 

sml20130627_123731

Geen kommentaar

sml10052012289Ek deel maar met julle n kiekie. Want ek weet nie wat om te skryf nie. Ek sukkel om sin te maak van die goed in my kop.

Eintlik gaan dit heel ok met my. Ek is nie so baie depressed soos ek die laaste ruk was nie. Ek kan nie heeltemaal my vinger op die rede daarvoor plaas nie. Niks het regtig in my lewe verander nie. Miskien is ek ook stadig besig om heel te word.

Ek is nog steeds alleen. En ek sal nog steeds baie baie graag ‘n spesiale meisiekind wil hê om my lewe mee te deel.  En dit lyk nie of die blondie met die lewendige ogies in my rigting gaan kyk nie. So ek vermoed ek gaan maar vir nog ‘n ruk alleen moet wees.  Maar ten spyte van dit alles is ek redelik ok.

Miskien sal ek Sondag Cederberg Oasis toe ry saam met ‘n klompie Wilddogs. En miskien sal die blondie haar fiets saam ry. Net die tyd sal leer.

Intussen lees ek die blogs hier rondom my en verslind ek Amos se Rolbos stories.  Ek het heel onder op sy blog begin en lees nou die stories in volgorde terug tot bo. Ek trek nou by Augustus 2012. En ek moet sê ek is effe jaloers op die man se skryf talent. Hy het ‘n slag met woorde.

Nou ja. Miskien het ek dalk binnekort weer iets ‘profounds’ om met julle te kom deel.  Tot dan hoop ek dit gaan goed met julle.

Wie weet – net miskien.

Beste B

Beste klink so formeel, maar ‘Liewe’ gaan nie werk nie. Nie hier nie en nie nou nie….

 

Ek sit al die laaste twee dae en probeer my gedagtes en my kop uitsort. Ek het al die ding al die kante toe bedink. Ek skryf tog maar soms om die goette in my kop te probeer rigting gee.  En op die oomblik het hulle rigting nodig. Baie.  Maar wat maak ek as jy hierdie brief te lese kry ? Wat maak ek as jy agterkom dat dit van jou is en vir jou is wat ek skryf ? Want dis te vroeg om selfs net hardop te dink , die goette wat ek dink.

Ek wonder, glo jy in liefde met die eerste oog opslag ? Love at first sight soos die engelse dit noem . Ek glo nie in love at first sight nie. Nie ‘liefde’ nie. Maar ‘n aantrekking – ja. Daai ‘spark’ wat maak dat ek iemand beter wil leer ken. Daarin glo ek . Ek het in my lewe baie min meisiekinders raakgeloop wat my daai ‘spark’ laat ervaar het.

Ek sal jou so graag beter wil leer ken. Ek dink ons kan so goed bymekaar pas. Of miskien moet ek dit so stel. Ek dink baie beslis jy is my tipe meisie. Maar ek het n baie goeie vermoede dat ek nie jou tipe is nie. As ek logies daaroor sit en dink dan kan ek nie sien hoekom ‘n meisiekind soos jy op ‘n ou soos ek verlief sou raak nie.

Jy verdien iemand wat jou sal lief hê en respekteer. Wat nie met jou sal mors soos die vorige poephol nie. Jy verdien ‘n goeie maatjie. Iemand wat jou sal hanteer soos die prinses wat jy is.

Ek sal aanhou probeer. So vir n rukkie. Solank as wat  daar nie iemand anders in jou lewe is nie. Miskien sien jy my raak. Miskien is ek verkeerd oor die tipe man wat jy soek. Wie weet ? Miskien.

The thing with ships is..

‘The interesting thing about ships is that the captains of ships have to be very careful when two ships are close together at sea, particularly in calm conditions. They tend to collide.’

‘Because of the wind blowing, and that?’ said Glenda,

‘No,’ said Nutt. ‘In fact, to put it simply, each ship shields the other ship from lateral waves on one side, so by small increments outside forces bring them together without their realizing it.’

Glenda cleared her throat again. ‘This thing with the ships…Does it happen quite quickly?’

‘It starts quite slowly, but it’s quite quick towards the end,’ said Nutt.  – Terry Pratchett. Unseen Academicals

 

Hierdie gaan vir niemand sin maak nie. Vrek ! dit maak nie eers vir my sin nie. Maar dis al wat ek nou gaan post. Ek sit seker al vir 10 minute en staar na die skerm.  Ek is deurmekaar. Ek is onseker. Ek is verward. Ek weet nie wat om te sê nie. So vir nou gat ek maar niks meer sê nie.

Ek is nie ‘n biker nie.

Ek voel myself genoop om bogenoemde stelling op rekord te plaas. Ek is baie beslis nie ‘n biker nie.  Ek ry ‘n motorfiets, dis waar, maar ek is nie n biker nie. Ek ry ‘n avontuurfiets. ‘n Dubbeldoel fiets.
‘n Storiefiets.

Ek ry ‘n motorfiets wat my toelaat om van die teerpad en die gejaag weg te kom. Wat my toelaat om die onbekende pad te gaan verken. Die pad met minder spore op.  Ek ry ‘n motorfiets wat my toelaat om die Skepping te ontdek en te geniet en te waardeer. Wat my toelaat om asemwegslaanoomblikke te beleef as ek om die eerste draai kom op pad na Gamkaskloofdam en die Bosluiskloof maak voor my oop.  Of as ek oor Katbakkkies pas ry en die Cederberge se mooi kom lê in my hart. Of oor Oubergpas van Sutherland af en die hele Tankwa karoo kom lê voor jou oopgesprei. Waar jy van horison tot horison kan sien en dit voel of die oopte en die ruimte jou gaan verswelg.

Dis dan wat ek besef hoe klein en hoe nietig die mens is.  Dis dan wat ek weer van voor af dankbaar is vir die gawe en die voorreg om so ‘n fiets te kan ry. En dis dan wat ek weet. Ek is nie ‘n biker nie. Ek ry my fiets vir die ervaringe en die seeninge wat hy my toelaat om te ervaar en nie vir hoe hy my kan laat lyk nie.