Stadig ….

Ek begin so stadig weer my gedagtes agtermekaar kry om weer te begin blog. Ek moet eerlik wees dat ek nog nie seker is of dit in engels of Afrikaans gaan wees nie.

Ek het intussen my ander blog geskuif sodat dit onder adoonsie se admin val en ek begin loer daarna om weer vir my ‘n manier te find om internet by die huis te kry.

Ek dink dat ek dalk hier in Afrikaans sommer my eie persoonlike goete sal kom blog en op die anner blog die engelse ride reports vir my bike trippies sal post. Dalk ook daar n engelse seksie oopmaak vir random goete in engels. Dalk iets soos ‘musings of a biker’. Hoewel ek moet eerlik wees, ek ry n motorfiets maar ek is beslis nie ‘n biker nie.

So een van die dae sal julle (die paar wat dalk nog die blog besoek) weer meer van adoonsie sien.

2 thoughts on “Stadig ….

Comments are closed.