Wie weet – net miskien.

Beste B

Beste klink so formeel, maar ‘Liewe’ gaan nie werk nie. Nie hier nie en nie nou nie….

 

Ek sit al die laaste twee dae en probeer my gedagtes en my kop uitsort. Ek het al die ding al die kante toe bedink. Ek skryf tog maar soms om die goette in my kop te probeer rigting gee.  En op die oomblik het hulle rigting nodig. Baie.  Maar wat maak ek as jy hierdie brief te lese kry ? Wat maak ek as jy agterkom dat dit van jou is en vir jou is wat ek skryf ? Want dis te vroeg om selfs net hardop te dink , die goette wat ek dink.

Ek wonder, glo jy in liefde met die eerste oog opslag ? Love at first sight soos die engelse dit noem . Ek glo nie in love at first sight nie. Nie ‘liefde’ nie. Maar ‘n aantrekking – ja. Daai ‘spark’ wat maak dat ek iemand beter wil leer ken. Daarin glo ek . Ek het in my lewe baie min meisiekinders raakgeloop wat my daai ‘spark’ laat ervaar het.

Ek sal jou so graag beter wil leer ken. Ek dink ons kan so goed bymekaar pas. Of miskien moet ek dit so stel. Ek dink baie beslis jy is my tipe meisie. Maar ek het n baie goeie vermoede dat ek nie jou tipe is nie. As ek logies daaroor sit en dink dan kan ek nie sien hoekom ‘n meisiekind soos jy op ‘n ou soos ek verlief sou raak nie.

Jy verdien iemand wat jou sal lief hê en respekteer. Wat nie met jou sal mors soos die vorige poephol nie. Jy verdien ‘n goeie maatjie. Iemand wat jou sal hanteer soos die prinses wat jy is.

Ek sal aanhou probeer. So vir n rukkie. Solank as wat  daar nie iemand anders in jou lewe is nie. Miskien sien jy my raak. Miskien is ek verkeerd oor die tipe man wat jy soek. Wie weet ? Miskien.

4 thoughts on “Wie weet – net miskien.

  1. Adoonsie, pak die pul by die horings en probeer! Werk dit nie uit nie, kan ‘n wonderlike vriendskap dalk daarvan kom. ‘n Verhouding het ‘n baie beter kans op sukses, indien die vriendskap in liefde oorgaan. Gee haar tyd. En as sy nie ook oor jou so voel nie, then it’s meant to be! Sterkte.

  2. “Jy verdien iemand wat jou sal lief hê en respekteer. Wat nie met jou sal mors soos die vorige poephol nie. Jy verdien ‘n goeie maatjie. Iemand wat jou sal hanteer soos die prinses wat jy is.”

    Is daar iets wat jou keer om die persoon vir haar wees?

    “Ek dink baie beslis jy is my tipe meisie. Maar ek het n baie goeie vermoede dat ek nie jou tipe is nie.”

    If it’s not to be, it’s not to be. Moenie dit force nie, dit sal kom as dit reg is.

    Partykeer wil mens force en dan hou mens aan tot dit klaar geforce is, en dan eendag, dan sien jy jou kans waarvoor jy moes wag, by jou verbyloop. DAN weet jy. En dan’s dit te laat.

    Sterkte. Alleen is nie lekker nie.

Comments are closed.