My dag vandag

Verlede week kom die papiertjie in die pos. Ek kan my nuwe kaart lisensie gaan haal. Dis nou die ene met my motor lisensie en my nuut verwerfde motorfiets lisensie op. En so met n bietjie moeite oortuig ek die baas om vir my ‘n dag se verlof toe te staan en sit ek vanoggend die stuk in na Somerset Wes se toets stasie om my lisensie kaart te gaan haal.

Nou is dit ook so dat my motor en my motorfiets se lisensieskywe verval het. Die motor al in Januarie en die fiets einde van verlede maand.  Ek bly intussen in Belville ,maar ry nog met CFM nommers rond. Om my arme begroting te probeer spaar het ek toe ook vandag in Somerset Wes my lisensie skyfies gaan hernu. Spesifiek daar sodat ek nie  nog nuwe nommerplate ook moes koop nie. Ewenwel het die oefening my nog steeds R800 rand gekos. Dis nou vir die twee lisensies en die laat boetes.

Met al die dinge gedoen en agter die rug het ek besluit om die langer pad huis toe te neem. Af in Beach road in Strand waar ek nie kon help om oor die spoedwalle te spring nie. En toe na Rooiels toe waar ek ‘n lekker koppie sawelyf en ‘n baie lekker brekkie genuttig het.

 

sml20130627_104640

sml20130627_110105

Na n lekker brekkie het ek deur Kleinmond gery en toe met die Highlands grondpad tot in Elgin vallei. En van daar tot in Botrivier en toe  Van der Stell pass en Franshoekpas tot in Franshoek .

Hier is n fototjie wat ek geneem het tussen Van der Stell pas en Villiersdorp.  Dis ongelukkig geneem met my selfoon nadat ek my ‘Ride report’  kamera vir my laatie gegee het.  Ek het gehoop ons sal die maand bonus kry wat my sou toelaat om weer vir my n kameratjie te kry , maar dit gaan ongelukkig nie gebeur nie.

 

sml20130627_123731

3 thoughts on “My dag vandag

    • Jy is nou die tweede ene wat moan oor die toast. Dit was nie gebrand nie, Dit was net lekker getoast.😉

      Was ‘n lekker trippie. Ek is jammer dat ek nie n lekker kamera by my gehad het nie. Die Elgin vallei en die overberg is pragtig .

Comments are closed.