Ek moes seker daai tyd al geweet het

Hallo B

Hierdie briefie gaan ek skryf om net dinge vir myself te verwerk en dalk n bietjie ‘closure’ te kry. Ek skryf hom maar vir jou , maar ek dink nie jy sal hom ooit sien nie.

Anyway. Dis vreemd hoe die mens se hart werk. Nie daai een wat die bloed pomp nie. Die een wat jou hele lewe omkrap en jou kop deurmekaar maak.

Ek het dit al vantevore gesê , maar ek onthou nog so goed die die eerste dag toe ek jou ontmoet het. Jy het so ‘n blou rok met sulke strappies voor aan gehad het. En sulke kort geknipte Witblonde hare.En die mooiste mooiste glimlag. Ek was hooked. Onmiddelik. My facebook status daai aand het een woord gehad :”Intregued”. Ek moes seker daai tyd al geweet het.

In elk geval, ‘n ruk later was jy weer in die winkel. En het ons so bietjie gesels. Net om my my arme hartjie nou goed deurmekaar te kom maak. Ek het jou op faceboek bevriend. En so nou en dan via sms propeer nooi om saam met my te kom ry. Selfs een of twee keer probeer om jou op my lomp manier te nooi om te gaan koffie drink. Maar daai het jy redelik maklik ge ignoreer. Toe loop ek eendag jou profiel op n internet dating site raak. Ek onthou hoe ek gelees het wat jy soek in n man. En daai ideale man en ek was werelde van mekaar af gewees. Ek moes toe al geweet het. In fact , ek het geweet. En het jou uit my kop uit verban.

Ek het jou so nou en dan in die winkel raak geloop en my hartjie gedwing om my nie te verraai nie. Stadig het ek van jou vergeet.En vir omtrent 10 maande het ek niks van jou gehoor of gesien nie. Toe jy eendag in die winkel instap en vra dat ek jou fiets se band omruil het ek dit gedoen. En so tussen in effens probeer flirt. Weer op my lomp manier. Ten minste het jy vir my geglimlag. En so klein bietjie terug gesels. Maar dit was dit. Ek het aanvaar dat ek nie op jou radar feature nie.

Groot was my verbasing toe ek eendag ‘n sms uit die bloute van jou af kry wat my vra om jou te onthou as ek weer met my fiets gaan ry en dat jy graag sou wou saamry. Ek was half onkant gevang. Jy het my gekontak. Uit jou eie uit. In die twee maande daarna het ek jou so elke nou en dan genooi om saam met my te kom ry. Elke keer het jy ‘n veskoning gehad. Eindelik het ek moed opgegee en dit nie verder opgevolg nie. Toe ek weer n boodskap van jou af kry wat vra dat ek jou moet laat weet as ek gaan ry , het ek besluit om ‘n plan te maak.

Ek kon dit nie glo die dag toe jy instem om saam met my te gaan ry nie. Ek moes jou by die McDonalds in Stellenbosh ontmoet. Ek het by vriende geld geleen om petrol in my fiets te kan gooi. Dis dalk die enigste kans wat ek ooit sou kry om saam met jou te ry so ek moes plan maak. Ons het saam gery. Jy op jou fiets , ek op myne. Franschoek, Villiersdorp, Middag ete by Kleinmond. Ek het gewens die dag kom nooit tot n einde nie. Maar jy het my tog maar op ‘n afstand gehou. Nie te naby jou toegelaat nie. Ek moes seker toe al geweet het.

Intussen het ons so heen en weer gesels met emails. Ek baie meer as jy. Jou stiltes en jou kort antwoorde het al hoe meer geword. Gisteraand het ek finaal besef. Ek hoop verniet. Gewone oukies soos ek kry nie die stunning girls nie. Die lewe werk nie so nie. Al hoop ek hoe hard. Hoop maak in elk geval net seer.

So , hier is ons dan nou by die hede.

Ek hoop regtig (daar is daai woord al weer) dat jy iemand sal kry wat vir jou lief is en jou sal respekteer en oppas. Ek aanvaar daai ou is nie ek nie.

Ek sal nog steeds met jou chat en email. En my vriendskap sal altyd daar wees.Maar ek besef en aanvaar dat daar nooit meer sal wees nie. Soos ek gesê het. Ek moes eintlik lankal geweet het. Die stunning girls val nooit vir die plein oukies nie.

Ek wens regtig net vir jou goeie dinge. Ek hoop jy sal geluk vind. En vrede maak met jouself. En ek hoop dat daar erens daar buite ‘n gelukkige ou rondloop wat jou sal waardeer vir wie jy is en jou sal gelukkig maak.

Groete

3 thoughts on “Ek moes seker daai tyd al geweet het

  1. Adoons….. Gewone outjies kan nogal stunning meisies kry! Die geheim le nogal daarin dat jy eers self moet glo dat jy die moeite werd is…… Daar is NIKS so aantreklik soos n dood gewone ou wat vrede gemaak het met wie hy is en van homself hou en nie afhanklik is van n vrou om hom waarde te gee nie. En as die stunning girl nie in jou belangstel… Vergeet v haar , dadelik! Sterkte!

  2. Adoons – as ek nou al iets uit die lewe geleer het is dat as jy kyk na die stunning deel en die ouderdom deel gaan jy altyd maar altyd met jou neus in die stof lê.

    As jou hart dieselfde ritme klop is die res irrelevant

Comments are closed.