Ek sukkel

Ek sukkel om my gedagtes te orden.
Om dit wat ek dink en ervaar bymekaar te maak en in woorde vas te vang.
Ek sukkel om sin te maak van al die informasie en gedagtes en podcasts en blogs wat deur my lewe stroom en almal erens n opdrifseltjie los.

Die Liewe Vader is besig om met my en in my te werk en ek is totaal oorbluf met al die gedagtes en idees wat deur my kop speel. Ek is nuuskierig om te sien waarheen Hy op pad is met my .

Maar ek is ook bang.
Ek is bang ek mors dit op , of ek mis die punt.

Nou ja

En so is dit al 12 jaar later. 12 Jaar waarin baie goed gebeur het. Maar kom ons los dit maar eers daar. Miskien kan ons eendag deur n lysie gaan van al die goed wat gebeur het.

My laaitie verjaar vandag. Hy is vandag 24 ! Dit laat my skoon oud voel. En ek het vandag vir my n bril gekoop. Een van daai +1 jobbies wat jy sommer so van die rak afhaal. Want my arms raak te kort as ek probeer om my selfoon se skerm te lees. En as ek my arm lank genoeg kry , dan kan ek nie die klein skriffie op die skerm lees nie. En dit laat my ook oud voel.

Maar in my kop voel ek nie so oud nie. In my kop voel ek of ek nog alles kan doen. En vir alles kans sien. Wat soms beteken dat my lyf die volgende dag met ernstige klagtes kom as dit by opstaan kom.

Ek gaan probeer om meer gereeld hier te kom skryf. Ek sal probeer om weer soos aan die begin grappies en stories te kom skryf wat my hopelik weer sal dwing om die snaaks en die mooi in die lewe raak te sien.

Ek sal probeer om nie so baie te kom kla nie. Ek wonder wie hier sal lees. Ek wonder of ek nuwe blog vriende sal ontmoet. En dalk weer van die oues sal raakloop.

Tyd sal leer.

Groete vir eers.

Adoonsie

Ek wonder….

Lees enigiemand nog ooit hier. Ek bedoel nou behalwe die bleddie bots. En hoeveel van my Blog vriende skryf nog op hulle blogs ? Kerneelsie , Sonja , Plaasie ?

Ek wonder of ek weer die moeite moet doen om hier te begin skryf . 12 jaar later. Of dalk maar ‘n adoonsie die 2de blog te begin.