Slotsom

Ek het die naweek tot die slotsom gekom dat dit wat ek het om te bied , vergeleke met wat ‘n moontlike girlfriend wil hê , so vêr uit mekaar uit is dat ek seker nooit weer ‘n girlfriend sal hê nie.

 

 

 

 

 

The sense of worthlessness is overwhelming.

zimb_460x276

Vandag

Is ek nie in ‘n goeie plek nie. Ek voel ontkoppel van die lewe. Moeg. Gatvol. Afgestomp.

Ek is moeg vir die plek waar ek werk en sy politiek.
Ek is moeg vir alleen wees.

Ek wens ek kon in my eie plekkie bly waar ek kon doen soos ek wil.
Ek wens ek kon my lewe met iemand spesiaal deel
Ek wens ek kon nou op my motorfiets erens in die karoo op n grondpad wees.

Koue water

Vanoggend vat ek die pad met die bike en gaan ry om so bietjie my kop skoon te maak. Toe my vriendPlasie my nooi om saam met hom te gaan rondvlenter vir die Sondag draai ek bike se kop Oos en sit die stuk in na Somerset Wes toe waar ek vir Plasie ontmoet.

Die plan is om dan sommer die fiets daar by hom te los en die pad te vat met sy bakkie. So daag ek dus met vol bike kit by Plasie op. Die baadjie los ons in sy voorkamer , maar die boots en die broek moet ek maar dra. Daar is nie ander goed om aan te trek nie
Gestewel en gespoor spring ons in die bakkie en sit ons die stuk in , rigting Kleinmond. Tussen al die rondry en gesels kom ek later agter dat ek nou heeltemaal te warm aangetrek is vir die rit in die bakkie. By die Peregrine padstal hol ek gou in die badkamer in om van my ry broek se winterliner ontslae te raak.

Maar om die liner uit te haal is nogal n hele operasie. Ek stap toe maar in een van die toilet hokkies in en maak die deur toe. Nou moet ek eers die broekspype los maak. Dan my bootse uit trek. Dan kan ek die broek uit trek. Ek kry toe sommer gou my sit op die loo terwyl ek die liner los maak en uit die broek uit trek.

Met al die gewerskaf het ek nie opgelet na die waaiertjie wat in die plafon bo my kop was nie. Toe die waaiertjie dus skielik outomaties aan skakel kyk ek op om te sien wat nou so lawaai. Met die opkyk val my sonbril wat bo op my kop gesit het agter teen my nek en my rug af. Ek besef toe dat ek sal moet plan maak om te keer dat my sonbril nie agter my rug af in die toilet val nie.

Die vinnigste en maklikste manier om dit te voorkom blyk toe om maar net agter toe te sit met my rug teen die muur en so die sonbril se val te keer. En met die terug sit slag druk my rug teen die baie fancy toilet se spoel knoppie.

Ek moes baie baie hard op my tanne kners om nie kliphard te gil toe daai yskoue water skielik my klokke hier van onder af begin afspoel nie. Ek kan julle verseker daai water was ysig koud gewees. Soos Plasie sê , meeste ouens druk hulle tone in die water as hulle wil voel hoe koud die water is.

Ek moes seker daai tyd al geweet het

Hallo B

Hierdie briefie gaan ek skryf om net dinge vir myself te verwerk en dalk n bietjie ‘closure’ te kry. Ek skryf hom maar vir jou , maar ek dink nie jy sal hom ooit sien nie.

Anyway. Dis vreemd hoe die mens se hart werk. Nie daai een wat die bloed pomp nie. Die een wat jou hele lewe omkrap en jou kop deurmekaar maak.

Ek het dit al vantevore gesê , maar ek onthou nog so goed die die eerste dag toe ek jou ontmoet het. Jy het so ‘n blou rok met sulke strappies voor aan gehad het. En sulke kort geknipte Witblonde hare.En die mooiste mooiste glimlag. Ek was hooked. Onmiddelik. My facebook status daai aand het een woord gehad :”Intregued”. Ek moes seker daai tyd al geweet het.

In elk geval, ‘n ruk later was jy weer in die winkel. En het ons so bietjie gesels. Net om my my arme hartjie nou goed deurmekaar te kom maak. Ek het jou op faceboek bevriend. En so nou en dan via sms propeer nooi om saam met my te kom ry. Selfs een of twee keer probeer om jou op my lomp manier te nooi om te gaan koffie drink. Maar daai het jy redelik maklik ge ignoreer. Toe loop ek eendag jou profiel op n internet dating site raak. Ek onthou hoe ek gelees het wat jy soek in n man. En daai ideale man en ek was werelde van mekaar af gewees. Ek moes toe al geweet het. In fact , ek het geweet. En het jou uit my kop uit verban.

Ek het jou so nou en dan in die winkel raak geloop en my hartjie gedwing om my nie te verraai nie. Stadig het ek van jou vergeet.En vir omtrent 10 maande het ek niks van jou gehoor of gesien nie. Toe jy eendag in die winkel instap en vra dat ek jou fiets se band omruil het ek dit gedoen. En so tussen in effens probeer flirt. Weer op my lomp manier. Ten minste het jy vir my geglimlag. En so klein bietjie terug gesels. Maar dit was dit. Ek het aanvaar dat ek nie op jou radar feature nie.

Groot was my verbasing toe ek eendag ‘n sms uit die bloute van jou af kry wat my vra om jou te onthou as ek weer met my fiets gaan ry en dat jy graag sou wou saamry. Ek was half onkant gevang. Jy het my gekontak. Uit jou eie uit. In die twee maande daarna het ek jou so elke nou en dan genooi om saam met my te kom ry. Elke keer het jy ‘n veskoning gehad. Eindelik het ek moed opgegee en dit nie verder opgevolg nie. Toe ek weer n boodskap van jou af kry wat vra dat ek jou moet laat weet as ek gaan ry , het ek besluit om ‘n plan te maak.

Ek kon dit nie glo die dag toe jy instem om saam met my te gaan ry nie. Ek moes jou by die McDonalds in Stellenbosh ontmoet. Ek het by vriende geld geleen om petrol in my fiets te kan gooi. Dis dalk die enigste kans wat ek ooit sou kry om saam met jou te ry so ek moes plan maak. Ons het saam gery. Jy op jou fiets , ek op myne. Franschoek, Villiersdorp, Middag ete by Kleinmond. Ek het gewens die dag kom nooit tot n einde nie. Maar jy het my tog maar op ‘n afstand gehou. Nie te naby jou toegelaat nie. Ek moes seker toe al geweet het.

Intussen het ons so heen en weer gesels met emails. Ek baie meer as jy. Jou stiltes en jou kort antwoorde het al hoe meer geword. Gisteraand het ek finaal besef. Ek hoop verniet. Gewone oukies soos ek kry nie die stunning girls nie. Die lewe werk nie so nie. Al hoop ek hoe hard. Hoop maak in elk geval net seer.

So , hier is ons dan nou by die hede.

Ek hoop regtig (daar is daai woord al weer) dat jy iemand sal kry wat vir jou lief is en jou sal respekteer en oppas. Ek aanvaar daai ou is nie ek nie.

Ek sal nog steeds met jou chat en email. En my vriendskap sal altyd daar wees.Maar ek besef en aanvaar dat daar nooit meer sal wees nie. Soos ek gesê het. Ek moes eintlik lankal geweet het. Die stunning girls val nooit vir die plein oukies nie.

Ek wens regtig net vir jou goeie dinge. Ek hoop jy sal geluk vind. En vrede maak met jouself. En ek hoop dat daar erens daar buite ‘n gelukkige ou rondloop wat jou sal waardeer vir wie jy is en jou sal gelukkig maak.

Groete